Friday, 24 July 2009

HUISGENOOT DIÉ WEEK (UITGAWE VAN 30 Julie)


2010 is, soos ons almal goed weet, net om die draai. Binne 300 en iets dae en soveel ure, minute en sekondes sal honderdduisende mense op ons land toesak om te kom sokker kyk – en natuurlik is dit verskriklik opwindend. Die blote gedagte dat die wêreld se oë op ons uithoek van die aardbol gevestig sal wees, is al klaar genoeg om jou vuur en vlam te maak . . . maar eers lê daar nog baie werk voor. Elke keer as jy in jou kar klim, kom jy af op paaie wat omgedolwe word, brûe wat gebou word, lughawens wat opgeknap en snelweë wat omskep word en dit kan eerlikwaar nogal ’n pyn wees.

Dit het ons aan die dink gesit: Hoe kom mense oor die weg wat nie die weelde het om elke dag in hul eie motor te klim nie – die menigtes wat openbare vervoer moet gebruik om van punt A tot punt B te kom? Ons het die joernalis Pieter van Zyl gestuur om te gaan uitvind en ná twee dae as pendelaar in Johannesburg en Kaapstad is hy ’n ander mens. Lees oor sy wedervaringe op bl. 18 en jy sal verstaan waarom hy nou gereed is om sy Uno Mia vaarwel toe te roep.

Nou’s daar nog net vyf oor . . . Ons praat van die vyf deelnemers in kykNET se gewilde Boer Soek ’n Vrou-reeks wat die meeste bewonderaarspos ontvang het en in die volgende drie maande elk daardie spesiale een uit tien hoopvolle vroue moet kies. Blaai na bl. 16 om meer oor dié gelukkige manne te lees. Hulle is oor die land versprei, party is nog bloedjonk en ander al aan die grys word, maar almal het dieselfde droom: om hul ideale maat te vind. Ons hou saam met hulle duim vas en sal julle op die hoogte hou.

KANAAL 1: ARTIKELS
1.1 Voorblad
1.2 SA staan bankvas agter Gill Marcus
1.3 ’n Angus vir die Evas
1.4 Man blaas geld oor ‘doodsvonnis’
1.5 Ons toets openbare vervoer voor 2010
1.6 Zorro vat vrou!

KANAAL 2: GLANSMENSE
2.1 Jacko Junior no. 4!
2.2 Chris Chameleon sing vir Madiba in NY
2.3 Steve: Nog ʼn minnares vertel
2.4 Graeme Smith kyk terug na groot oomblikke
2.5 Die jag begin in Boer soek ʼn Vrou

KANAAL 3: LEEFSTYL
3.1 Resep van die week: Platribrol met spinasievulsel
3.2 So hanteer jy probleme met jou bank
3.3 Dr. Adri gee raad
3.4 Boeke
3.5 Huisgenotjies

KANAAL 4: DIS IN!
4.1 Kollig op Ivan Zimmermann
4.2 Luister na Robbie Wessels
4.3 Kyk ’n DVD: Britney: For the Record
4.4 Kyk ’n fliek: My Life in Ruins
4.5 Speletjie: Donkey Kong: Jet Race