
Voorblad
Hier op kantoor loop die opgewondenheid hoog oor die spesiale glansaand waarop ons Huisgenoot-Tempo-toekennings uitgedeel en ons Liedjieskryf-wenners bekend gemaak gaan word. Ons kan nie meer wag nie en ons hoop om soveel as moontlik van julle ook daar te sien.
Onthou, die groot aand is op 11 Augustus en die plek is Emperors Palace in Kempton Park. Dit is as ’t ware Skouspel se kleinboetie, want die BBP’s van die Afrikaanse musiekbedryf gaan daar wees. Ons hou die aand bekostigbaar teen net R50 per kaartjie!
Dis ook hierdie week jou laaste kans om te stem vir jou gunsteling-kunstenaars en -liedjies. Die stemmery loop kop aan kop – stem dus sommer weer om seker te maak jou gunstelinge wen. Jy kan ook nou gratis op MXit stem. Nog ’n bonus is dat grepe van die wenliedjies op kykNET uitgesaai word en as jy dit daar misloop, kan jy op die internet by www.channel24.co.za daarna luister. Lees meer op bl. 134.
En so gepraat van lekker uitsien, ons het maande gewag vir die tweede reeks van een van ons gunsteling-televisieprogramme, Boer Soek ’n Vrou. Uiteindelik is dit terug op die kassie en ons gaan weer lekker vasgenael sit en ons verlustig in die doen en late van ’n nuwe klomp boere. Op bl. 18 gee die boere uit die eerste reeks raad aan die nuwelinge.
Ons was baie ingenome toe die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, instem tot ons versoek om haar nuwe amptelike tuiste aan ons lesers te wys. Leeuwenhof is ’n statige ou herehuis in die skadu van Tafelberg, en terwyl Helen vir Hannelie Booyens alles gewys het, was dit duidelik sy’s self nog ’n bietjie oorweldig daardeur. Lees van Hannelie se heerlike kuier by Helen op bl. 136.
Lekker lees!
KANAAL 1: ARTIKELS
1.1 Voorblad
1.2 Ons boere soek weer vrou
1.3 Pille meng kan jou dood kos
1.4 Spring gou vir jou Tempo-glansaand
1.5 Die groot Dan-dag is op pad!
1.6 Jong Protea oor sy groot fout
KANAAL 2: GLANSMENSE
2.1 Eksklusief: Steve se Janine praat uit
2.2 Laan se Linda gelukkig tuis
2.3 Oupa Jackson sien al weer glorie
2.4 Helen wys haar spog-blyplek
2.5 Britney is weer aan die brand
KANAAL 3: LEEFSTYL
3.1 Resep van die week: Steurgarnaal-en-papaja-sosaties
3.2 Goedkoop dienste
3.3 Dr. Adri gee raad
3.4 Boeke
3.5 Huisgenotjies
KANAAL 4: DIS IN!
4.1 Kollig op Basjan
4.2 Luister na Lucas Maree
4.3 Kyk ’n DVD: Confessions of a Shopaholic
4.4 Kyk ’n fliek: Fighting
4.5 Speletjie: WWE Legends of Wrestlemania