
Kan jy jou dit indink: ’n hele jaar geen inkopies nie buiten vir noodsaaklikhede soos toiletpapier en kos! Dit klink soos ’n koopslaaf se nagmerrie, maar dit is presies waarmee ’n Britse skrywer en ma van twee, Samantha Weinberg, nou besig is. En sy is amper daar . . .
Lees hier hoe ’n baie vasbeslote vrou die amper onmoontlike reggekry het.
‘My besluit om inkopies ’n jaar lank te los, was ’n gebaar om die omgewing te probeer bewaar. Ek het ses jaar gelede al opgehou vis eet en vier jaar daarna opgehou om per vliegtuig te reis, en nou wou ek kyk of ek sonder iets veel meer alledaags kon klaarkom wat ek nog altyd geniet het.
Ek wou sorg dat die vragskepe wat die aarde met hul rook besoedel, danksy my darem ’n paar T-hempe, rokke en stukke speelgoed ligter sou wees. En teen Nuwejaar vanjaar het ek al te veel mense van my planne vertel om toe van plan te kon verander.
Die eerste week was redelik maklik, maar ek het nog ’n stekie gevoel wanneer ek by ’n winkelvenster in ons dorpie in Wiltshire verbygeloop en denimbroeke teen halfprys gesien het.
Teen die begin van Februarie het die genot wat ek uit ‘Geen Inkopies’ geput het, verander in ’n oorweldigende drang om iets te koop, enigiets, maar my bedwing. Toe die ekonomiese storms kort daarna begin losbars, het ek eers mooi besef watter gelukkige besluit ek geneem het . . .
Met die helfte van die jaar verby, het die dinge wat ek andersins sou koop, £2 367 (sowat R39 587) beloop.
Ek is vol vertroue dat ek Kersfees sal oorleef en die einde van die jaar sal haal met my Geen Koop-belofte nog ongeskonde. En dat ek ná Nuwejaar ’n sterker en wyser mens sal wees.
Dit beteken nie ek gaan vir altyd uit die winkels bly nie. Ek sal net kieskeuriger wees oor wat ek koop, oor wie dit gemaak het en waar dit vandaan kom. Maar op 1 Januarie is ek voor in die koor vir ’n nuwe paar reënstewels.’
Lees meer hieroor in Huisgenoot van 6 November.
Klik hier om muurpapier en speletjies vir jou foon van Huisgenoot se webtuiste af te laai.
Gesels met ons: Klik hier en kies die Full- of Google-weergawe. Vul jou telefoonnommer in, skryf jou boodskap en stuur en klik op Submit.
Klik hier om op die gedrukte weergawe van Huisgenoot in te teken. Ons sal jou terugbel. Kies die Full- of Google-weergawe. Vul jou telefoonnommer in, skryf jou boodskap en stuur en klik op Submit.