
Die oomblik van waarheid het aangebreek. Dis net somer, son, swembaddens, stranddrag en kort rokkies – die volle ellendige tutti vir dié van ons met meer lyf as wat ons graag vir die wêreld wil wys.
Natuurlik verstaan ons hier by Huisgenoot maar alte goed van wintervetjies wat moet weg. En ons het ’n plan waarmee jy lag-lag tot 4 kg in vier weke sal afskud. Dalk meer, na gelang van jou grootte en hoeveel jy oefen.
En nee, moenie sug nie. Jy sal darem nie heeldag van pomelo’s, appels of sop hoef te leef nie. Ons praat van ’n gebalanseerde eetplan, soos saamgestel deur die Kaapse dieetkundige Annelie Smith, wat jou ietsie van alles bied.
Boonop is die etes goedkoop en doodmaklik om te berei. Al wat jy moet doen, is om vier weke lank die kos in dié plan te eet en daar het jy dit – ’n slanker jy! Nou ja toe, waarvoor wag jy . . . spring dadelik weg!
Dit is nou eenmaal so: Die moderne leefstyl beteken ons hoef nie meer fisieke arbeid te doen nie, en vandag se kitskosetes is vol kilojoules, sê dr. Dawie van Velden, sportwetenskaplike aan die Universiteit van Stellenbosch en gewilde rubriekskrywer van Huisgenoot.
‘Daar is ’n vetsug-epidemie in die wêreld omdat daar ’n versteuring in die energiebalans is. Mense eet meer as wat nodig is en die bykomende kilojoules word vetrolletjies!’
Volgens Dawie moet jy jou aktiwiteitsvlak verhoog om daardie ekstra vet af te skud en weg te hou.
Hier is die goeie nuus – jy hoef nie ure te gaan draf of die oseane deur te swem om jou ideale gewig te bereik nie:
Begin deur net meer aktiwiteite by jou daaglikse lewe in te sluit soos flink stap na jou werk, trap klim in jou kantoorgebou, meer betrokke raak by huistake.
Gaan haal gerus die tennisraket of gholfstokke uit. Die belangrikste is om die hartslag te verhoog om die bloedsomloop te bevorder; dit beteken jy stimuleer jou metabolisme, en dit verbrand ekstra kilojoules. En die beste is – ná so ’n ligte oefensessie bly jou metabolisme tot 24 uur verhoog! Dit beteken jy kan gewig verloor terwyl jy slaap.
Koop Huisgenoot van 6 November vir die volledige eetplan en nog wenke.
Klik hier om muurpapier en speletjies vir jou foon van Huisgenoot se webtuiste af te laai.
Gesels met ons: Klik hier en kies die Full- of Google-weergawe. Vul jou telefoonnommer in, skryf jou boodskap en stuur en klik op Submit.
Klik hier om op die gedrukte weergawe van Huisgenoot in te teken. Ons sal jou terugbel. Kies die Full- of Google-weergawe. Vul jou telefoonnommer in, skryf jou boodskap en stuur en klik op Submit.