
Vir ons Huisgenoot-span is dit groot pret – en natuurlik ook ’n groot verantwoordelikheid – om elke week se lys nuusartikels saam te stel. ’n Mens wil darem ’n scoop of twee hê, goeie adviesartikels, lekker mensestories, ’n storie of twee oor ons plaaslike en oorsese sterre, iets aktueels wat jy in eenvoudige Afrikaans verduidelik wil hê omdat dit ons almal se lewe raak . . . En die tydskrif moet nooit te swaar wees nie. Dan voel ons almal soos Robbie Wessels sou sê: ‘‘Man, ek’s depressed!’’
Daar is darem niks waaroor jy werklik terneergedruk hoef te voel in hierdie week se uitgawe nie, en as jy nou regtig ligte vermaak nodig het, blaai sommer dadelik na die storie oor Debby Koen se aapkinders (bl. 16). Ons redaksie het hulle aan die foto’s vergaap.
Terwyl ons soos gewoonlik op ’n Woensdag rondhardloop om die tydskrif by die drukkers te kry, het ons leefstylredaksie hier by ons kantoor een van hul Kersstories geskiet. Feestelike rooi glase vonkelwyn, kindertjies onder die boom. Dit het ons sommer opgevrolik!
Maar daar was ernstige nuus wat ons tussendeur moes hanteer soos Steve Hofmeyr se nuutste affair-skandaal, die bitter reaksie van Hestrie Els se familie op die manier waarop sy haar ouers in haar outobiografie afkraak en die invloed van die wêreldwye ekonomiese krisis op gewone Suid-Afrikaners.
Besprekings vir Huisgenoot se SkouspelPlus-konsert in Maart open op 1 November. Vandeesweek kondig ons die name aan van die groot sterre wat by hierdie uithang-konsert in Kaapstad sal optree (bl. 22). Dit gaan ’n fees wees; koop dus sommer nou jou kaartjies. Nog beter, gee dit vir jou mense as Kersgeskenk!
Nuut op jou Mobi dié week is:
KANAAL 1: ARTIKELS
1.2 Nee, Hes, dít verdien ons nie!
1.3 Die ‘swak’ dollar – ál sterker!
1.4 Baas én ma, jy’s no. 1!
1.5 Jou klein aapstert, Ma se kind
1.6 Dok op, Absa, en red my naam!
KANAAL 2: GLANSMENSE
2.1 Die ‘godin’, die SMS en die ikoon
2.2 Pale toe . . . vir die liefde
2.3 Hallo, Herschelle
2.4 Alles of niks – dis ek!
2.5 Kyk wie maak ’n Kaapse draai in SkouspelPlus
KANAAL 3: LEEFSTYL
3.1 Resep: Panna cotta met somervrugte
3.2 Loop lig vir kaart-rente
3.3 Dr. Adri moet help
3.4 Nuwe boeke
3.5 Huisgenotjies
KANAAL 4: DIS IN!
4.1 Fokus op Helmut Lotti
4.2 Beeskraal se nuwe CD
4.3 Sex and the City – die DVD
4.4 Pineapple Express op die groot skerm
4.5 Speel Ferrari Challenge
Klik hier om muurpapier en speletjies vir jou foon van Huisgenoot se webtuiste af te laai.
Gesels met ons: Klik hier en kies die Full- of Google-weergawe. Vul jou telefoonnommer in, skryf jou boodskap en stuur en klik op Submit.
Klik hier om op die gedrukte weergawe van Huisgenoot in te teken. Ons sal jou terugbel. Kies die Full- of Google-weergawe. Vul jou telefoonnommer in, skryf jou boodskap en stuur en klik op Submit.