
’n Paar van vandeesweek se artikels in die gedrukte weergawe van Huisgenoot wat nou op straat is, laat ’n mens net weer besef dat ware helde nie noodwendig die rykes en beroemdes is nie, maar doodgewone mense wat in dikwels desperate omstandighede dit regkry om die byna onmoontlike te vermag.
Die verhaal van klein Josua Bester, die vierjarige seuntjie van Victoria-Wes in die Noord-Kaap wat ure lank in ’n boorgat vasgesit het, is so ’n storie. Dis aangrypend: Joshua se pa wat langs die put plat op sy maag gelê het om te keer dat die tou wat hom vashou, glip en sy kind verder in die gat afsak, en die hulp van vriende, vreemdelinge en omstanders om die kind se lewe te red.
Nog so ’n held is Benjamin Tewe. Hy het sy lewe gewaag om die agtjarige Courtney Sparrow te red toe ’n leeu haar op hul plaas in Zimbabwe aangeval het. En dan is daar een van ons gunsteling-helde, Janie du Plessis. Sy gaan saam met twaalf ander vroue wat borskanker oorleef het, met motorfietse 2 000 km aflê van Soweto na Kaapstad. Janie en ander mense soos sy – ryk of arm, bekend of onbekend – is vir ons ’n inspirasie!
Nuut op jou Mobi dié week is:
KANAAL 1
1_1 HUISGENOOT DIÉ WEEK (UITGAWE VAN 9 OKTOBER)
KANAAL 1: ARTIKELS
1.2 Seun (4) gered uit boorgat
1.3 Die foon wat ons gaan laat Google
1.4 Janie gaan ry vir borskanker
1.5 Leeus verskeur meisie (8)
KANAAL 2: GLANSMENSE
2.1 Gebroke Dozi praat
2.2 Danny K en Lee-Ann verloof
2.3 Bok Ricky vat vrou
2.4 SA se sexyste susters
2.5 Musieksterre woel by Aardklop
KANAAL 3: LEEFSTYL
3.1 Resep: Bloubessie-maaskaaskoek
3.2 Versekering – waar skiet jy tekort?
3.3 Dr. Adri moet help
3.4 Nuwe boeke
3.5 Huisgenotjies
KANAAL 4: DIS IN!
4.1 Kollig op Guillaume
4.2 Fredi Nest se CD
4.3 Sarie Bruid-CD
4.4 Brideshead Revisited op die groot skerm
4.5 Speletjie: Overlord: Raising hell
Klik hier om muurpapier en speletjies vir jou foon van Huisgenoot se webtuiste af te laai.
Gesels met ons: Klik hier en kies die Full- of Google-weergawe. Vul jou telefoonnommer in, skryf jou boodskap en stuur en klik op Submit.
Klik hier om op die gedrukte weergawe van Huisgenoot in te teken. Ons sal jou terugbel. Kies die Full- of Google-weergawe. Vul jou telefoonnommer in, skryf jou boodskap en stuur en klik op Submit.