
Dit voel of ons nou swaar dra hier na die einde van die jaar se kant toe. Oral waar ’n mens kom, is mense bekommerd oor die ekonomie, wonder hulle hoe hulle hul Kersbegroting gaan laat klop en boonop al hul werk gaan klaarkry voor Kersfees, en dan skryf die kinders nog eksamen ook . . .
Daarom het ons probeer om hierdie week se Huisgenoot lekker lig te hou. Is daar dalk gunstelinge? Lees gerus Sulaiman Philip se onderhoud met Rod Stewart, ons artikel oor die nuwe baas van Absa, daardie fenomenale Maria Ramos, en ’n uittreksel uit Mark Keohane se biografie van Percy Montgomery. Hoop julle geniet dit ook!
Ons begin hierdie week met ’n opwindende wedstryd waarin ons saam met Toyota drie Avanzas weggee. Hou die ruitekaart op bl. 24 en moenie Huisgenoot van 11, 18 en 25 Desember sowel as dié van 8, 15 en 22 Januarie misloop nie – die plakstukke wat jy nodig het om die legkaart te voltooi, verskyn in elk van dié uitgawes.
Daar is sommer twee opwindende Huisgenoot-produkte op die rak dié week. Hoop jy’t al die eerste Huisgenoot-Tempo, ons nuwe musiektydskrif, langs jou bed. En van 3 Desember af is die nuutste Huisgenoot-Pols ook op die rak, propvol gesondheidsartikels en -wenke.
Lees meer in die Huisgenoot van 4 Desember en geniet dit!
Nuut op jou Mobi dié week is:
KANAAL 1: ARTIKELS
1.1 Voorblad
1.2 Absa se formidabele Maria
1.3 Wat jou kind vir Kersfees wil hê
1.4 ’n Baie gewigtige troue
1.5 Nuwe krieketbaas begin tuis
1.6 Tuis ná epiese tog met Rolls
KANAAL 2: GLANSMENSE
2.1 Heléne Lombard wys haar drie seuns
2.2 Boekbonus: Bok Percy praat
2.3 Jurie, die mooi boer van De Aar
2.4 Al die finaliste vir Mej. SA
2.5 Rod Stewart: Hier kom ek, SA!
KANAAL 3: LEEFSTYL
3.1 Resep van die week: Koue hoenderrolletjies
3.2 Spandeer slim in die feestyd
3.3 Dr. Adri gee raad
3.4 Boeke
3.5 Huisgenotjies
KANAAL 4: DIS IN!
4.1 Kollig op Nádine
4.2 Luister na Wynand Strydom
4.3 Kyk ’n DVD: Indian Jones and the Crystal Skull
4.4 Kyk ’n fliek: The Stone Angel
4.5 Speletjie: Viva Piñata