
Toe ons ’n paar weke gelede die voorreg gehad het om by twee van Brasilië se voorste tydskrifmakers kers op te steek, het ons sommer nuwe inspirasie gekry. Kyk, die manne was reguit. “Julle kleur jul blaaie te veel in,” het hulle kopskuddend laat hoor. “Laat eerder die foto’s die werk doen. Jul opskrifte sit dan nie aan die begin van jul stories nie – hoe moet ’n leser nou weet waar om te begin lees?”
En elke keer as ons nog ’n uitlegtruuk wou regverdig, was die antwoord: “Dan moet julle maar elke week vir jul lesers ’n gidsboekie bysit om te verduidelik wat julle probeer doen het.”
Nou ja, ons het geluister en die afgelope paar weke ons blaaie heelwat “skoner” gemaak. En ja, die opskrifte sit nou aan die begin! Hierdie week maak ons nog ’n paar veranderinge, alles daarop gemik om dit vir julle makliker te maak om Huisgenoot te lees. Die meeste van ons kopie loop nou die kolomme in blokvorm vol (die reëls breek nie meer oneweredig aan die regterkant van die kolom nie), want navorsing wys dis makliker om te lees. En met die ruimte wat ons daardeur wen, kon ons sowaar die letters ietwat groter maak sonder dat ons stories korter word. Dis ’n pluspunt vir almal wie se oë – soos myne – nie meer so lekker in swak lig sien nie.
*Huisgenoot het ook nie die resessie vrygespring nie. Ons het bitter hard baklei teen nog ’n prysverhoging vanjaar, maar helaas moet ons ons omslagprys vanaf hierdie uitgawe met R1 verhoog. Ons wens regtig ons kon julle dit gespaar het – ons weet mos hoeveel platter almal se beursies is. Maar wees verseker ons doen elke week ons bes om vir julle die beste waarde vir jul geld te gee.
KANAAL 1: ARTIKELS
1.1 Voorblad
1.2 Maak geld uit 2010 – verhuur kamers!
1.3 My lewe as swart UV-student
1.4 Tieners pomp spiere op met pille
1.5 By die première van Jacko se fliek
1.6 Meerminmeisie verloor haar stryd
KANAAL 2: GLANSMENSE
2.1 Eksklusief: Lucas praat oor sy kanker
2.2 Diederik kan nie wag vir sy kleinding
2.3 Musiekfabriek se Riaan vat vrou
2.4 Burton Francis mik hoog
2.5 Darren Scott skud die kilo’s af
KANAAL 3: LEEFSTYL
3.1 Alle lof aan witloof
3.2 Beveilig jou onderneming
3.3 Dr. Adri gee raad
3.4 Boeke
3.5 Huisgenotjies
KANAAL 4: DIS IN!
4.1 Kollig op Mari Lotz
4.2 Luister na ddisselblom
4.3 Kyk ’n DVD: The Great Buck Howard
4.4 Kyk ’n fliek: Pandorum
4.5 Speletjie: The Sims 3