
Huisgenoot dié week (uitgawe van 15 Oktober)
Voorblad
Ons berig oor Skouspel 10 wat uiters suksesvol afgeloop het. Daar is pragfoto’s van top-kunstenaars wat opgetree het asook die 10 veteraan-kunstenaars wat ons vanjaar vereer het. Huisgenoot se Tempo-toekennings was vanjaar vir die eerste keer nie deel van Skouspel nie, maar ’n aparte geleentheid waar van ons topkunstenaars die wenliedjies van ons tweede liedjieskryfwedstryd gesing het. Dié glansaand word op 16 Oktober om 19:00 op kykNET uitgesaai. Moet dit nie misloop nie!
Hierdie week neem ons Binnelandse Sake onder die loep ná die tragiese selfmoord onlangs van ʼn jong man wat nie meer die gesukkel met hierdie department en die uitwerking wat dit op sy lewe het, kon verduur nie. Lesers vertel ook van die probleme wat hulle ondervind om identiteitsdokumente te bekom. Ons skryf ook oor ʼn Suid-Afrikaanse egpaar wat televisie-ouers moes wees vir twee rebelse Britse tieners en hoe goeie ou boere-dissipline die twee binne agt dae tot ander insigte gebring het. Deesdae is enigiets skynbaar moontlik. Nie alleen kan jy omtrent al jou sake op die internet afhandel nie, maar jy kan sommer baie goedkoper van jou wederhelf skei. ʼn Ongetroude pa vertel ook van sy stryd om toesig oor sy baba te kry. Hierdie saak is ʼn deurbraak vir ander Suid-Afrikaanse pa’s in sy posisie. Dan is daar nog vele ander interessante artikels op die blaaie van hierdie week se Huisgenoot.
KANAAL 1: ARTIKELS
1.1 Voorblad
1.2 Eksklusief: Die swaai van die dood
1.3 Pa veg om sy kind te behou
1.4 Skei goedkoop op die internet
1.5 Suid-Afrikaners tem Britse stoutgatte
1.6 Die trane rol oor Binnelandse Sake
KANAAL 2: GLANSMENSE
2.1 Mooie Michelle wys haar kleinding
2.2 Boere het Elma baie van liefde geleer
2.3 Skouspel 10 was ’n belewenis!
2.4 Agter die skerms by Skouspel
2.5 Moe Shaik, baas van ons spioene
KANAAL 3: LEEFSTYL
3.1 Resep van die week: Vars ansjovis-tamatie-broodslaai
3.2 Beplan vir ’n bestorwe boedel
3.3 Dr. Adri
3.4 Boeke
3.5 Huisgenotjies
KANAAL 4: DIS IN!
4.1 Kollig op Zandra Traut
4.2 Luister na Ralph
4.3 Kyk ’n DVD: Duplicity
4.4 Kyk ’n fliek: The Informant!
4.5 Speletjie: Wii Active Personal Trainer