Thursday, 15 October 2009

HG MOBI 22 Oktober 2009


Huisgenoot dié week (uitgawe van 22 Oktober)

Voorblad

En daar word Skouspel toe sowaar ge-Eskom! Die vyfde van vanjaar se sewe konserte staan einde se kant toe en Kurt Darren is so drie liedjies ver in die 10 treffers wat ons spesiaal vir Skouspel 10 verwerk het – en skielik is daar geen klank nie. Soos in niks.

Die Superbowl se ligte brand danksy Sun City se eie kragopwekkers. Maar nie ’n piep kom uit die mikrofone of instrumente op die verhoog nie. En toe doen ons mense wat net ons mense tydens so ’n fiasko sal doen: Ná ’n paar krete van “Province” en “Blou Bulle” begin die hele gehoor saam volksliedjies sing. Die Mexican Wave rol deur die Superbowl – tot die orkes op die verhoog neem deel.

Agterna kom vra lesers of ons nie hierdie Skouspel-eerste op die DVD kan sit nie. Die ander Skouspellers moet dit darem ook beleef. Die antwoord is: Ons kan nie – die TV-kameras het ook nie gewerk nie!

’n Opregte dankie aan almal wat so geduldig gewag het tot die konsert so 15 minute later kon voortgaan. Die Skouspel-regisseur, Jannie Pretorius, en die musiekregisseur, Janine Neethling, en die res van ons het soos een man honderd jaar ouer geword, maar julle was fantasties!

Nou ja, Skouspel 10 is verby. Maandagoggend kom groet Riana en haar seun Heinrich, Skouspellers wat al soos vriende voel ná al ons geselsies.

“Wat nou?” vra Riana half moedeloos.

Inderdaad. Wat nou? Maar die goeie nuus is: 13 en 14 Maart hou ons SkouspelPlus in Kaapstad. En Oktober volgende jaar is nie so ver nie!


KANAAL 1: ARTIKELS
1.1 Voorblad
1.2 Liefdesraad van ’n ghoeroe
1.3 Man slaan kind uit die bloute
1.4 Is dit klaarpraat met Selebi?
1.5 James Dean “herleef” vir advertensie
1.6 Dis nag vir die motorbedryf

KANAAL 2: GLANSMENSE
2.1 Eksklusief: Theuns en Elizma maak ’n fliek
2.2 Eksklusief: Boer Flip is verloof!
2.3 Eksklusief: Louis van Wyk huil oor Irene
2.4 Alwyn wil in die Bok-span in hol
2.5 Harry en Chelsy weer saam

KANAAL 3: LEEFSTYL
3.1 Resep van die week: stroperige sjokoladekoek
3.2 Geldsake: Bemark jouself met ’n goeie CV
3.3 Dr. Adri gee raad
3.4 Boeke
3.5 Huisgenotjies

KANAAL 4: DIS IN!
4.1 Wat is in jou kosblik?
4.2 Die pad na Mej. Tiener SA
4.3 Kyk ’n DVD: Angels & Demons
4.4 Kyk ’n fliek: Inglourious Basterds
4.5 Speletjie: Red Faction Guerrilla