
Voorblad
Toe ons drie weke gelede die eerste keer oor Caster Semenya geskryf het, net nadat sy die jaar se vinnigste tyd in die 800 m in Mauritius opgestel het, het min Suid-Afrikaners geweet wie dié Tukkie-student van die klein dorpie Masetlong in Limpopo is. Hoe vinnig kan dinge verander!
Vandag word hierdie jong vrou se asemrowende vertoning op die IAAF-Wêreldkampioenskapsbyeenkoms in Berlyn oorskadu deur ’n debat oor of sy inderdaad ’n vrou is. Dit nadat sy ons land se eerste goue medalje vir atletiek in ses jaar gewen het. Die Internasionale Amateuratletiek-federasie vra verskoning oor hoe hy die saak hanteer het. In Suid-Afrika gooi die politici beskuldigings van rassisme en komplotte heen en weer. En midde-in die chaos is ’n jong vrou, net 18, wie se loopbaan nog voor haar lê, maar wat net so maklik onder al die druk kan knak. Soos een van haar koshuismaats aan Huisgenoot sê: “Sy is baie sterk. Maar vroeër of later gaan sy huil oor alles wat hulle oor haar sê.”
Ons hoop ons atletiekbase, inderdaad ook die wêreld s’n, doen alles in hul vermoë om die saak op ’n verantwoordelike en sensitiewe manier te hanteer. Maar ai, kan ons net darem ook kyk na Caster se prestasie en sê: Geluk aan die nuwe goue meisie van Suid-Afrikaanse atletiek. Ons staan agter jou!
Terwyl die Caster-sage elke dag nuwe koerantopskrifte veroorsaak het, het ons drie joernaliste gestuur om nuwe inligting te soek. Ek hoop julle stem saam hulle het deeglike werk gedoen. Ons praat met haar familie, vriende en atletiekmaats – ons was selfs in haar koshuiskamer – en kyk ook na wat die toekoms vir hierdie talentvolle jong vrou inhou (bl. 22).
Lekker lees!
KANAAL 1: ARTIKELS
1.1 Voorblad
1.2 Boer Flip se groot flop
1.3 Dok op, my man se skelmpie
1.4 Verlos van die pyn, vir altyd
1.5 Kyk net, ek kan weer glimlag
1.6 Gʼn te-kort aan liefde!
KANAAL 2: GLANSMENSE
2.1 Cass Naidoo wys haar baba
2.2 Driekie: Gelukkig en swanger
2.3 Caster: ʼn Vrou en ʼn superster
2.4 Muriël: My hart is weer heel
2.5 SA se grootste fliekpremière ooit
KANAAL 3: LEEFSTYL
3.1 Resep van die week: Pasta met geurige groentesous
3.2 Geldsake: Versekering vir tye van siekte
3.3 Dr. Adri
3.4 Boeke
3.5 Huisgenotjies
Kanaal 4: DIS IN!
4.1 Kollig op Nelda
4.2 Luister na Willie Strauss
4.3 Kyk ’n DVD: Man on Wire
4.4 Kyk ’n fliek: Public Enemies
4.5 Speletjie: Warrio Land: The Shake Dimension