Friday, 28 August 2009

Kyk net, ek kan weer glimlag


Bedags was hy ’n inspirasie vir ander wat, soos hy, hul geliefdes aan die dood afgestaan het. Maar saans het hy na sy leë huis teruggekeer, die gordyne toegetrek, die musiek hard aangeskakel en die wyn laat vloei. En dan het dieselfde gedagtes, dieselfde vrae maar altyd weer deur sy kop gemaal.

Vir die mense daar buite was Smiley van Zyl van Bergvliet, Kaapstad, die verpersoonliking van ’n man wat ’n verskriklike tragedie in iets positiefs wou omskep. So het Huisgenoot se lesers hom verlede jaar leer ken nadat sy vrou van 32 jaar, Jane, op 13 April by hul huis se hek vermoor is.

Smiley het besluit hy sou betekenis probeer kry uit Jane se dood deur aan te sluit by die buurtwag en vir geregtigheid in hierdie land te veg. Maar saans het hy alleen gehuil oor die leemte in sy lewe wat net ál groter geword het.

Weke ná haar dood kon hy steeds nie eet nie. Hy sou nooit weer gelukkig kon wees nie, daarvan was hy oortuig. Niks en niemand sou hom ooit weer die geluk en vervulling kon gee wat Jane, sy maat al van hul tienerjare af, sy sielsgenoot, sy sakevennoot en sy heel beste vriendin, hom besorg het nie. En toe gebeur die ongelooflike . . .

Smiley het lanklaas so breed geglimlag soos toe ons hom verlede week besoek by sy nuwe huis − sowat 3 km van die een met al die hartseer herinneringe. By hom in sy kantoor langs die huis ontmoet ons die pragtige Robin-Leanne Knott (50). Sy stel haarself voor en verskoon haar dan dadelik om met haar werk in ’n ander vertrek aan te gaan.

Smiley het nie die belofte vergeet wat hy by Jane se sterfbed gemaak het nie: Haar dood sal nie net nog ’n statistiek wees nie. Hy sal bly veg tot geregtigheid geskied, herinner hy ons. “Haar 25-jarige moordenaar het drie vorige veroordelings teen hom en meer as 100 klagte waarop hy nog verhoor moet word.

Volledige artikel in Huisgenoot van 3 September.