Friday, 08 May 2009

’n Wêreld sonder kernwapens


Die nuwe man in die Withuis het pas sy mees ambisieuse droom tot nog toe verwoord: ’n wêreld sonder kernwapens.

’n Kernwapen in die kloue van terroriste is “die dringendste en mees ekstreme bedreiging vir wêreldveiligheid’’, het die Amerikaanse president, Barack Obama, onlangs in Praag gesê en sy plan vir wêreldwye kernontwapening uiteengesit.

Dit was nadat Noord-Korea teen alle internasionale protes in ’n vuurpyl lanseer het wat ’n kernwapen ver sou kon vervoer – dalk selfs tot by Alaska.

“Een terroris met een kernwapen kan massiewe vernietiging veroorsaak,’’ het Obama gesê. “Al-Kaïda het gesê hy soek ’n kernbom en sal dit gebruik. En daar’s kernmateriaal wêreldwyd wat nie streng genoeg bewaak word nie.’’

In ’n vreemde wending in die wêreldgeskiedenis, reken Obama, het die gevaar van ’n kernaanval toegeneem, hoewel die kernoorlog-gevaar afgeneem het. “Meer nasies het dié wapens verkry. Toetse word steeds gedoen. Sluikhandel in kerngeheime en -materiaal floreer. Terroriste is vasbeslote om een te koop, te bou of te steel.’’

En almal word geraak. “Een kernwapen wat in een stad ontplof – New York of Moskou, Islamabad of Moembaai, Tokio of Tel Aviv – kan honderdduisende mense uitwis.’’

Daar is navorsers wat kern-terreur voor 2016 voorspel. Is hulle doemprofete of realiste? En hoe ernstig is Obama oor sy eie kernontwapeningsplanne, en sy visie van ’n wêreld sonder kernwapens?

DIE internasionale gemeenskap moet ook oor kernontwapening ’n “Ja, ons kan’’-benadering hê, het Obama verklaar.

Maar kan die rasionele moondhede kern-cowboys soos Noord-Korea se Kim Jong Il van hul nuwe speelgoed laat afsien? Wat nog te sê van godsdiens-ekstremiste wat hul “vyande” van die aarde sou wou vee? En sal die groter kernwapenlande, wat al dikwels van dubbele standaarde beskuldig is, regtig self ontwapen?

Lees meer oor hierdie dilemma in Huisgenoot van 14 Mei.