Thursday, 14 May 2009

HUISGENOOT DIÉ WEEK (UITGAWE VAN 21 MEI)


Huisgenoot en sy sustertydskrif YOU is weer bekroon met ’n AdVantage ADmag-toekenning in die afdeling vir algemene tydskrifte vir 2008 – ’n eer wat ons ook in 2002, 2003 en 2004 te beurt geval het. Ons was ook naaswenner in 2005. Ons sustertydskrif Drum, wat baie nou met ons saamwerk, het in 2006 en 2007 gewen. Praat van skoonskip maak!

Die AdVantage-toekennings word beoordeel op grond van redaksionele strategie, inhoud, vernuwing en uitmuntendheid, dus ’n belangrike toekenning vir redaksies.

Nog goeie nuus is dat ons kwartaallikse gesondheidstydskrif, Huisgenoot-Pols, nog een van vele pryse gewen het. Die skrywer Elise-Marie Tancred het haar ATKV-Mediaveertjie ontvang van ons vorige Media24-grootbaas, Salie de Swardt, vir haar diepte-artikel oor rugbybeserings in Pols se Herfsuitgawe van verlede jaar.

Daar is ook hope lekker stories in hierdie uitgawe van Huisgenoot.

KANAAL 1: ARTIKELS
1.1 Voorblad
1.2 Netwerke in spervuur oor SMS’e
1.3 Swaardslagoffer se ma praat
1.4 Die vrou wat 23 keer getrou het
1.5 Bollywood se glans ál helderder
1.6 Vrou kry hele nuwe gesig

KANAAL 2: GLANSMENSE
2.1 Drama wag op Erfsondes se Kate
2.2 Jeremy Mansfield praat oor leukemie
2.3 Egoli se Tarien vang ’n droomman
2.4 Sasha-Lee kalm ondanks vrese
2.5 Jason in die wolke

KANAAL 3: LEEFSTYL

3.1 Blitsige geblikte tamatiesop
3.2 Goud: veilig in onseker tye
3.3 Dr. Adri
3.4 Boeke
3.5 Huisgenotjies

KANAAL 4: DIS IN!

4.1 Kollig op Blackie Swart
4.2 Luister na Bianca Pienaar – Obsessie
4.3 Kyk ’n DVD: Australia
4.4 Kyk ’n Fliek: Angels and Demons
4.5 Speletjie: Sim Animals