
Die verkiesing is verby, die stemme getel en die partytjies gehou. Nou’s dit tyd vir werk. En dis duidelik die Zuma-regering gaan sy hande vol hê. Neem nou maar die staking deur ons land se staatsdokters oor salarisverhogings wat al jare aan hulle belowe word. Dis die eerste keer dat dokters tot sulke uiterste optrede oorgaan, maar as jy luister na hul klagtes van bitter lang ure, swak salarisse en duur studieskuld, kan jy nie help om simpatie te hê nie. Ons ondersoek die saak op bl. 114.
En van die verkiesing gepraat, ons kuier ’n bietjie by die DA-leier, Helen Zille, om uit die vind of dié Duracell-hasie darem al ’n bietjie slaap ingehaal het voor sy haar nuwe kantoor as Wes-Kaapse premier invaar (bl. 116). Max du Preez se ope brief aan Suid-Afrikaners, veral dié wat maar langtand is oor ons nuwe president, gaan heelwat kommentaar ontlok (bl. 18)!
Dis altyd lekker om nuwe voorbladgesigte te hê – en Idols se top-twee verdien hul plek op Huisgenoot se voorblad. Die vraag is: Gaan hulle die paal haal in ons reeds oorvol musiekmark? Verskeie kenners gee hul mening en raad op bl. 120.
Die foto’s van Mathys Roets in die hospitaal is ontstellend, maar ons kuiertjie by dié gewilde musiekman wys sy gees is beslis nie geblus nie (bl. 10). Ons wens hom alle sterkte toe op die pad na herstel. Ons vertel ook hoe jy ’n bydrae kan maak tot die mediese koste wat sekerlik ’n aardige bedrag gaan beloop.
KANAAL 1: ARTIKELS
1.1 Voorblad
1.2 Mathys: Ek wil gou weer sing en speel
1.3 Nando's se kring van spotters
1.4 Dis ʼn wonder, oom Angus leef!
1.5 Dokters in die skuld en gedaan
1.6 Geen rus vir haastige Helen
KANAAL 2: GLANSMENSE
2.1 Idols se sukses nie gewaarborg
2.2 Mooie Nicola is toe swanger
2.3 Shine 4 se Desirée trou
2.4 Fernando, Spanje se sokker-orkaan
2.5 Sonja Herholdt sing weer
KANAAL 3: LEEFSTYL
3.1 Hoenderkerrie en tamatie-en-uieslaai
3.2 Hou in toom jou bankkoste
3.3 Dr. Adri
3.4 Boeke
3.5 Huisgenotjies
KANAAL 4: DIS IN!
4.1 Kollig: Willem Botha
4.2 Theuns Jordaan: Kouevuur
4.3 Yes Man
4.4 X-Men Origins: Wolverine
4.5 Ben 10: Alien Force