
Jy kan een van drie Toyota Avanza 1.3 S-motors met ons plak-en-antwoord-kompetisie losslaan.
Kort voor lank kan jy en jou hele gesin in die pad val vir ’n bobaas-blaaskans as jy een van drie Avanza 1.3 S-modelle van R116 400 wen – danksy Huisgenoot, YOU, Drum en Toyota. Die 1.3 S se merkwaardige brandstofverbruik is ’n suinige 7,8 L/100 km.
Brandstofverbruik is getoets volgens die SANS20101:2006- en ECER101-standaarde.
Die ruitekaart wat in die uitgawe van 4 Desember verskyn het, is jou paspoort tot sukses. Jy moet dit kan wys as jy een van ons gelukkige wenners is. Die volgende drie plakstukke en vrae sal in Huisgenoot van 8, 15 en 22 Januarie verskyn. Jy sal al ses oorspronklike plakstukke en ses antwoorde nodig hê as jy wil deelneem. Jy kan per SMS deelneem of per pos of op al twee maniere.
As jy per SMS deelneem, moet jy elke week die sleutelwoorde GRATIS TOYOTA, gevolg deur jou antwoord op daardie week se vraag en jou naam en adres, na 35791 stuur. Elke SMS kos R3. Jy kan soveel keer deelneem as wat jy wil. As een van die gelukkige wenners per SMS ingeskryf het, moet die oorspronklike, voltooide ruitekaart met al die plakstukke getoon word. Huisgenoot sal aan die einde van die kompetisie ook nagaan of jy elke week die korrekte antwoord aan ons SMS-lyn gestuur het.
As jy per pos deelneem, moet jy al ses die antwoorde en jou kontakbesonderhede aan die einde van die kompetisie stuur aan: Huisgenoot/Toyota Avanza, Posbus 8362, Roggebaai 8012. Jy kan soveel keer inskryf as wat jy wil.
Bel 0860-103-686 om eksemplare van Huisgenoot te bestel as jy ’n uitgawe misgeloop het.