Friday, 05 December 2008

HUISGENOOT DIÉ WEEK (UITGAWE VAN 4 Desember)


Dis die verskriklikste storie, maar een wat jou so diep in die hart tref dat jy dit waarskynlik vir die res van jou lewe sal onthou. Drie weke gelede het ons geskryf oor die dapper kankerlyertjie Danielle Roos wat vir haar ouers in ’n briefie gevra het om haar tog asseblief in ’n wit rokkie te begrawe. ’n Paar dae gelede is die rooikop-meisiekind van Springs toe oorlede, maar nie voor ma Francis, pa Sollie en kleinsus Bianca saam met haar ’n vroeë Kersfees gevier het nie.

Op bl. 12 vertel Yvonne Beyers aangrypend oor dié laaste viering en hoe Danielle, wat vir die Liewe Vader geskryf het sy wil asseblief nie alleen die donker ingaan nie, ná die ete gesê het hulle moet die voordeur oopmaak – daar’s iemand by die hek . . .

Ons harte gaan uit na hierdie gesin. Mag die feestyd vir julle berusting en vrede bring.

Baie dankie aan almal wat skryf om ons geluk te wens met Huisgenoot-Tempo, ons splinternuwe Afrikaanse musiektydskrif. Ons kry ook heelwat navrae van mense wat sê hulle kan nie ’n eksemplaar opspoor nie. Jammer daaroor – die drukoplaag van Tempo is heelwat laer as dié van Huisgenoot en nie al die winkels sal voorraad hê nie. En ons hoor dis reeds op plekke uitverkoop! As jy sukkel om ’n Tempo te kry, laat weet gerus vir Thys Geldenhuys by 021-405-1923 waar jy woon sodat hy jou in die regte rigting kan stuur. Of sommer beter, hoekom teken jy nie dadelik in op dié glans-kwartaalblad nie? Bel 0860-103-686 vir besonderhede.

Lekker lees aan die uitgawe van 11 Desember en geniet dit!

Nuut op jou Mobi dié week is:

KANAAL 1: ARTIKELS
1.1 Voorblad
1.2 Tarzan van die beton-oerwoud
1.3 Wat jou kind vir Kersfees wil hê
1.4 ’n Baie gewigtige troue
1.5 Nuwe krieketbaas begin tuis
1.6 Tuis ná epiese tog met Rolls

KANAAL 2: GLANSMENSE
2.1 Heléne Lombard wys haar drie seuns
2.2 Boekbonus: Bok Percy praat
2.3 Jurie, die mooi boer van De Aar
2.4 Al die finaliste vir Mej. SA
2.5 Rod Stewart: Hier kom ek, SA!

KANAAL 3: LEEFSTYL
3.1 Resep van die week: Wildfilet met ’n spekbandjie
3.2 Regte stappe met ’n afdanking
3.3 Dr. Adri gee raad
3.4 Boeke
3.5 Huisgenotjies

KANAAL 4: DIS IN!
4.1 Kollig op Catherine Jones
4.2 Luister na Ray Dylan
4.3 Kyk ’n DVD: Hancock
4.4 Kyk ’n fliek: Mrs Ratcliffe’s Revolution
4.5 Speletjie: Mercenaries 2: World in Flames