
Jy kan een van drie Toyota Avanza 1.3 S-motors met ons plak-en-antwoord-kompetisie losslaan
Hou kop en jy kan ’n op-en-wakker Avanza 1.3 S van R116 400 wen, danksy Huisgenoot, YOU, Drum en Toyota. Die Avanza bied jou veelsydige sitplek- en laaiopsies sodat jy tot 955 liter laaispasie in die binneruim tot jou beskikking het. Dit gee jou nog 955 redes waarom jy vandag nog aan ons kompetisie moet deelneem!
Die ruitekaart wat in die uitgawe van 4 Desember ver-skyn het, is jou paspoort tot sukses. Jy moet dit kan wys as jy een van ons gelukkige wenners wil wees. Die volgende vier plakstukke en vrae sal in Huisgenoot van 25 Desember en 8 , 15 en 22 Januarie verskyn. Jy gaan al ses oorspronklike plakstukke en ses antwoorde nodig hê as jy wil deelneem. Jy kan per SMS deelneem of per pos of op al twee maniere.
As jy per SMS deelneem, moet jy elke week die sleutelwoord GRATIS TOYOTA gevolg deur jou antwoord op daardie week se vraag en jou naam en adres aan 35791 stuur. Elke SMS kos R3. Jy kan soveel keer deelneem as wat jy wil. As een van die gelukkige wenners per SMS ingeskryf het, moet die oorspronklike voltooide ruitekaart met al die plakstukke getoon word. Huisgenoot sal aan die einde van die kompetisie ook nagaan of jy elke week die korrekte antwoord aan ons SMS-lyn gestuur het.
As jy per pos deelneem, moet jy al ses die antwoorde en jou kontakbesonderhede aan die einde van die kompetisie stuur aan: Huisgenoot/Toyota Avanza, Posbus 8362, Roggebaai 8012. Jy kan soveel keer inskryf as wat jy wil.
Bel 0860-103-686 om eksemplare van Huisgenoot te bestel as jy dalk ’n uitgawe misgeloop het.