Friday, 26 December 2008

Nuwe jy in 12 stappe


Die nuwe jaar is hier en dié jaar – so dink ons mos altyd – gaan alles anders wees. Maar hierdie jaar kan dit werklik so wees, het ons hier by Huisgenoot besluit nadat die opwindende nuwe boek 12 Steps to a Better Life op ons lessenaar beland het.

Dis ’n jaar lange paspoort na ’n beter lewe deur die enigste manier waarop ’n mens ooit so iets kan regkry: met werk aan jouself. En ja, ongelukkig is daar geen lysie van tien vinnige wenke vir nuwe lewensgeluk wat jy sommer vinnig deurwerk nie. Dit kos die tyd, die wil en baie toewyding, soos enige terapeut wat mense help om hul lewe te verbeter, jou sal vertel.

Die program in dié boek is deur die bekende Nieu-Seelandse lewensbegeleier Sarah Laurie opgestel.

Lees meer hieroor in Huisgenoot van 1 Januarie waarin die eerste maandplan geplaas word. Daarna volg nog ’n aflewering in die eerste uitgawe van Huisgenoot van elke maand van 2009. Ons daag jou uit – spring weg en begin werk aan ’n nuwe jy!