Friday, 12 December 2008

HUISGENOOT DIÉ WEEK (UITGAWE VAN 18 Desember)


Dis ’n anderster tyd by ’n nuustydskrif dié tyd van die jaar. Die kantore rondom ons raak leër, die oggendverkeer genadiglik stiller wanneer jy werk toe ry en die nuus helaas ook minder. Vir ’n klomp nuusverslaafdes soos ons is dit nogal ’n uitdaging om Huisgenote op die rak te sit wat ons eie adrenalien laat pomp.

Maar tog, kyk hoe lekker lees hierdie uitgawe. Want ja, Leeanda Reddy, die nuwe ster van Leon Schuster se weghol-sukses Mr Bones 2, en Mzwandile Stick, kaptein van ons sewes-span wat hier in sonnige Suid-Afrika die sewes-beker voor Nieu-Seeland se neuse weggeraap het, is ook ‘‘nuus’’. Huisgenoot-nuus, want dis mos ’n groot deel van ons suksesresep om die mense wat ons op ons TV-skerms sien, se voordeure vir julle oop te maak.

En natuurlik was ons ook daar toe 7de Laan se Diederik, Hennie Jacobs in sy ID-boekie, ’n trouring aan die pragtige Marissa Vosloo se vinger geglip het. Dit was ’n ware sjebien-troue met mede-Laners wat heerlik gedans en gekuier het. Kyk net hoe hou die sterre bruilof op bl. 10.

Die jaar lê sowaar op sy rug! Volgende week vier ons Kersfees met ’n baie spesiale kuier by die glanspaartjie Nico en Christi Panagio, van ons joernaliste skryf Kersstories wat jou lank sal bybly, en daar’s sommer hope ander verrassings in ons laaste uitgawe van die jaar.

Hier jaag ons om alles gedoen te kry voor ons drukkers toemaak tussen Kersfees en Nuwejaar. Maar al is al ons beplanning gedoen vir ons jaareind-tydskrif, hoop ons natuurlik steeds daar breek ’n lekker groot storie . . .

Lekker lees aan die uitgawe van 18 Desember!

Nuut op jou Mobi dié week is:

KANAAL 1: ARTIKELS
1.1 Voorblad
1.2 Tops in sy veld
1.3 Baai Zim, hallo lewe!
1.4 Triiiieng, dis (al weer) vir Tickey!
1.5 Wen ’n motor!
1.6 Eks-liefie, dok maar op!

KANAAL 2: GLANSMENSE
2.1 7de Laan se Diederik trou
2.2 Mzwandile Stick, ons nuwe sewes-held
2.3 Heinz Winckler het groot planne
2.4 Leeanda Reddy wys haar huis
2.5 Hugh, sexyste man op aarde

KANAAL 3: LEEFSTYL
3.1 Resep van die week: Kersfeespoeding-truffels
3.2 Jou opsies vir ’n neseier
3.3 Dr. Adri gee raad
3.4 Boeke
3.5 Huisgenotjies

KANAAL 4: DIS IN!
4.1 Kollig op Albert de Vos
4.2 Luister na Thys Nywerheid: Dans met Skop
4.3 Kyk ’n DVD: In Bruges
4.4 Kyk ’n fliek: Nick & Norah’s Infinite Playlist
4.5 Speletjie: Buzz TV Quiz