Friday, 05 December 2008

Die reëls vir somerliefde


Die nuwe reëls vir flankeer
Stryk jou flankeerfoute uit en herstel die skade met hierdie wenke van Andrea Lavinthal, medeskrywer van The Hookup Handbook: A Single Girl’s Guide to Living It Up (R185; kyk of dit by jou boekwinkel verkrygbaar is).

FOUT: Jy maak asof jy nie belangstel nie.
OPLOSSING: Dink jy jy’s koel as jy dit doen? Wel, die meisie of ou van jou drome dink heel waarskynlik net jy stel nie belang nie. Wanneer sy of hy in die omtrek is, moenie speletjies speel en met ander ouens of jou vriende gesels om die een wat jy in die oog het, jaloers te probeer maak nie. Dit is eintlik net ongeskik.

FOUT: Jy is nie jouself nie.
OPLOSSING: Meisie, as jy eerder ’n rabbedoe as fyn en vroulik is, is dit onnodig om jou skielik skaam te hou, jou wimpers te fladder of soos ’n regte poppie op te tree. Wees net jou wonderlike self. Flankeer op die universele manier: Maak oogkontak, lag en glimlag.

FOUT: Jy praat onophoudelik oor jouself.
OPLOSSING: Al wil jy hom graag beïndruk, onthou om ’n slag asem te skep en hom toe te laat om ook oor homself te praat. Onthou, gesprekke is ’n tweerigtingstraat.

BONUSWENK As jou droom-ou nie reageer wanneer jy flikkers gooi nie, is dit sy verlies – nie joune nie!

Daar is meer flankeerwenke in Huisgenoot van 11 Desember.