
Die nuwe jaar met al sy nuwe dinge staan voor die deur – wat wag op ons in 2009?
Die finansiële krisis van die afgelope maande hang soos ’n donker wolk oor die wêreld, en dit beteken ons sal vorentoe nuut dink oor al die ou vertroude maniere van doen, sê die kenners.
Dis tyd vir tuisgekookte maaltye pleks van uiteet – ons was almal hopeloos te spandabel, sê Dion Chang, neiging-ontleder en skrywer van The 2009 Flux Trend Review.
‘‘Mense is meer bewus van hul begroting as ooit tevore, en die tyd vir hope klere koop en geskenke sonder siel is verby.’’
Mense sal vanjaar opnuut oor hul waardestelsel besin, besluit wat die belangrikste is en daaraan vasklou, voeg Dion by. En ons sal nuwe planne maak met ou goed pleks van winkels toe te storm.
Alles gaan daaroor om jou beursie te beskerm sodat jy in die moeilike ekonomiese omstandighede tog gemaklik kan leef.
Lees in jou eerste Huisgenoot van 2009 meer oor die nuwe jaar se nuutste giere wat mode, skoonheid, dekor, kos, eiendom en motors – en nog veel meer – betref. Moenie dit misloop nie!