
Voorblad
Dis nog net sowat ses weke voor Fifa die Konfede-rasiebeker na Suid-Afrika bring – en hierdie week begin ons ’n bietjie geesdrif bou vir ’n toernooi waartydens ’n hele klomp sokker-supersterre in ons land in aksie gaan wees. Oor die volgende paar weke skryf ons oor van dié spelers en deel ons interessante feite oor die Konfed met jou. Die toernooi skop op Sondag 14 Junie af wanneer Suid-Afrika teen Irak op Coca-Colapark te staan kom.
Sokker is nou nie juis ons Afrikaanse mense se ge-wildste sport nie, maar dis tyd om gees te vang – die Wêreldbeker-sokkertoernooi van 2010 is immers ook om die draai, en dis mos baie lekkerder om deel te voel as jy weet waaroor dit alles gaan!
Selfs mense wat nie die YouTube-videogreep gesien het van Susan Boyle wat binne minute vir haar ’n pad na internasionale roem oopgesing het nie, praat oor dié koddige Britse oujongnooi met die stem van ’n engel. Op bl. 24 vertel ons die pragtige verhaal wat die mensdom sommer weer aan sprokies laat glo.
Lees ʼn wye verskeidenheid artikels in Huisgenoot van 30 April.
KANAAL 1: ARTIKELS
1.1 Voorblad
1.2 Laan se Stian vat vrou
1.3 Selfmoordbrug se redder byna geknak
1.4 Soustannie met die nagtegaalstem
1.5 Konfed-beker: Wen kaartjies!
1.6 Slumdog-kind byna verkoop
KANAAL 2: GLANSMENSE
2.1 Ons kuier in die Idols-huis
2.2 Wayne, ons nuwe krieketheld
2.3 Fredi Nest se rustige blyplek
2.4 Die gewildste filmster op aarde
2.5 Local is lekker
KANAAL 3: LEEFSTYL
3.1 Resep van die week: Braaisampioene
3.2 Spaar slim vir tersiêre onderrig
3.3 Dr. Adri gee raad
3.4 Boeke
3.5 Huisgenotjies
KANAAL 4: DIS IN!
4.1 Kollig op Hermand van den Berg
4.2 Luister na Desmond Wells
4.3 Kyk ’n DVD: The Day the Earth Stood Still
4.4 Kyk ’n fliek: White Wedding
4.5 Speletjie: Mirror’s Edge