Thursday, 16 April 2009

HUISGENOOT DIÉ WEEK (UITGAWE VAN 23 April)


Ons is nog almal geskok oor die nuus dat Mathys Roets verlam is ná sy motorfietsongeluk op pad Klein Karoo Nasionale Kunstefees toe. Dié gewilde sanger is steeds in die neurochirurgiese waakeenheid in ’n Bloemfonteinse hospitaal, waar verskeie sangervriende saam met sy familie waak.

Die Roets-familie het tot dusver nie onderhoude toegestaan nie, maar op bl. 10 vertel Mathys se ma, Meisie, aangrypend van die oomblik toe hulle die verskriklike nuus gekry het en van die beproewing om elke dag langs jou byna lewelose kind se hospitaalbed te staan. Ons harte gaan uit na Mathys en sy mense.

Kyk, sowat van sport-lekkerkry het ons darem lank-laas gehad. Ons het pas die eendag-krieketreeks teen Australië gewen (lees ons artikel oor die nuwe boulsensasie Roelof van der Merwe op bl. 20), die Indiese Premierliga is in volle gang (ons praat met die Bollywood-ster Shilpa Shetty, mede-eienaar van die span vir wie Graeme Smith speel, op bl. 120) en oor ’n paar weke begin die groot sokker wanneer die Fifa-Konfederasiebeker in Suid-Afrika afskop. Volgende week vang ons sokkergees met die eerste van ’n reeks artikels oor van die grootste internasionale sterre wat hier kom speel en ons gee sommer ook ’n hele klomp kaartjies weg. Wees op die uitkyk hiervoor!

Hoop julle het nou die aand lekker na Huisgenoot-SkouspelPlus op M-Net gekyk. Dit was ’n verkorte weergawe van ons Kaapse konsert. Op 1 Mei saai kykNET die volledige vertoning vanaf 18:00 uit. ’n Lekker Werkersdag-bonus! Voor dan hou ons eers verkiesing – hoop regtig julle is almal op 22 April by die stembus!

Geniet hierdie week se Huisgenoot!

KANAAL 1: ARTIKELS

1.1 Voorblad
1.2 Mathys Roets se ma praat
1.3 Doebai op rand van bankrotskap
1.4 Die man wat SA kaalvoet plat stap
1.5 Shilpa, die sexy krieketbaas
1.6 Sol se spoghotel in die Kaap

KANAAL 2: GLANSMENSE

2.1 Die liefde blom vir Lucas en Clara in die Laan
2.2 Roelof, die Proteas se nuwe wapen
2.3 Lieflike Leanne se groot nuus
2.4 Lendel, Idols se vasbyter
2.5 Huisgenoot-Musiekplaas by die KKNK

KANAAL 3: LEEFSTYL
3.1 Resep van die week: Teekoppies
3.2 Jou finansiële risikoprofiel
3.3 Dr. Adri gee raad
3.4 Boeke
3.5 Huisgenotjies

KANAAL 4: DIS IN!
4.1 Kollig op David Fourie
4.2 Luister na Frans Briel
4.3 Kyk ’n DVD: Twilight
4.4 Kyk ’n fliek: The International
4.5 Speletjie: Resistance 2