Friday, 06 November 2009

HG MOBI 12 November 2009


Huisgenoot dié week (uitgawe van 12 November)

Voorblad

Sedert die seksvideo-bom gebars het, het Joost van der Westhuizen hoog en laag gesweer dis nie hy wat met ’n skamel geklede blondine dwelms snuif terwyl sy seksdade met hom pleeg nie. Hy het nog nooit sy vrou verneuk of dwelms gebruik nie, het hy destyds aan Huisgenoot gesê. (Ja, soms word die media lelik om die bos gelei deur mense wat hul eie beeld wil poets.)

Maar die waarheid het mos maar ’n manier om uit te kom, en in Maart het die gewese hoogspringatleet Charmaine Gale Weavers anoniem in Huisgenoot vertel hoe sy by hom geslaap het selfs toe Amor swanger was. Daar was ook bewerings oor ander vroue. Sedertdien het Joost en Amor verskeie openbare klappe aan Huisgenoot uitgedeel.

In sy biografie wat pas verskyn het, bieg Joost toe. Ja, hy het een keer by die ontkleedanseres Marilize van Emmenis geslaap. In die publisiteitsblits om die boek te bemark, sê hy steeds hy het nie tydens sy huwelik met Amor by enige ander vrou geslaap nie.

Dis natuurlik leuens. En vandeesweek in Huisgenoot vertel Joost vir die eerste keer die volle waarheid. Ja, daar was meer as een sessie met Marilize. Ja, daar was ander vroue. In die onderhoud op bl. 10 is Joost op sy eerlikste, al moet jy soms tussen die lyne lees. Op bl. 16 maak Charmaine, wat nou vir die eerste keer gesig wys, verdere beweringe wat Joost se beeld nog meer skade gaan aandoen.

Maar weet julle wat? Joost staan nou uiteindelik pa vir sy foute. Hy het baie drooggemaak, sê hy, en nou wil hy sy vrou en die land verskoning vra en die kans gegun word om sy huwelik en sy lewe te herbou. Ons gun hom – en Amor – daardie kans. En julle?


KANAAL 1: ARTIKELS

1.1 Voorblad
1.2 Moordenaar sit, gesin kyk vorentoe
1.3 Ál meer kinders ly aan diabetes
1.4 Rektor loof student wat been verloor
1.5 Twee broers wys daar is talent in SA
1.6 Stylghoeroes en die naakte waarheid

KANAAL 2: GLANSMENSE

2.1 Die waarheid: Huilende Joost bieg
2.2 Eksklusief: Ons het vir Amor gelieg
2.3 Skok: Bles Agassi was op tik!
2.4 Juan: Nuwe Bok-blits uit die WP
2.5 Heinrich speel dalk vir die Haaie

KANAAL 3: LEEFSTYL
3.1 Twee slaaie vir die somer
3.2 Spaar slim op kort termyn
3.3 Dr. Adri gee raad
3.4 Boeke
3.5 Huisgenotjies

KANAAL 4: DIS IN!
4.1 Kollig op Randa Taylor Cosgrove
4.2 Is jy gemeen?
4.3 Kyk ’n DVD: The Proposal
4.4 Kyk ’n fliek: Surrogates
4.5 Speletjie: Wii Sports Resort