Thursday, 25 June 2009

SMET EN SEKS IN SODOM


As Dirk Prinsloo Russies goed kon verstaan, sou hy waarskynlik effens gespanne gevoel het as hy by ’n plakkaat van die polisie in Minsk, hoofstad van Belarus, verbygeloop het.

Maar die Russiese woorde vir “ons is altyd naby jou” sou vermoedelik nie veel indruk op hom gemaak het toe hy op 12 Junie na ’n internetkafee in die stad gestap het nie.
Minute later het ’n polisieman sy hand op die 39-jarige Dirk se skouer gesit – en in daardie oomblik is die raaisel opgelos oor waar in die wêreld Suid-Afrika se mees gesoekte seksmisdadiger hom bevind.

En nou is daar gissinge dat dié berugte voortvlugtige hom die afgelope paar jaar in Belarus met seks aan die lewe gehou het. Daar word ook nou gesê van Dirk se minnaresse wat hom onderhou het, was vermoedelik prostitute.

Daar word selfs beweer dat hy by dié land se florerende sekssluikhandel betrokke was. As dit so was, was sake in die seksbedryf dalk nie te florerend nie. Anders sou dit sekerlik nie vir die gewese advokaat nodig gewees het om ’n bank te probeer beroof wat tot sy uiteindelike inhegtenisneming gelei het nie.

Dis nie bekend of Tatiana, die vrou saam met wie hy die afgelope ses maande gewoon het en wat die ma van sy eenjarige dogtertjie is, ook ’n prostituut is nie.

Sy het vir die polisie gesê sy het geen benul gehad dat hy beplan het om ’n bank te beroof in dieselfde straat in die stad Baranowitsji waar hulle woon nie. Haar ouers was gekant teen haar verhouding met Dirk, en sy het dikwels by hulle oorgebly.

Swetlana, die ma van Dirk se tweejarige seun, woon in die dorpie Soligorsk, 132 km van Minsk, en sy het geruime tyd nie meer kontak met Dirk nie.

Belarus, ’n voormalige republiek van die Sowjetunie, het ’n reputasie wat dit vir seks-misdadigers aanloklik maak – dit is een van die top-10-sekshandelslande in die wêreld.

Lees meer oor die lewe van Dirk Prinsloo as voort-vlugtige in Huisgenoot van 2 Julie.