Friday, 05 June 2009

‘Ons het lugrampe oorleef’


ʼn Lugramp klink soos ’n doodsvonnis. Tog oorleef meer as die helfte van die slagoffers dit. Maar hoe is dit moontlik? Ses oorlewendes vertel hier hul verhale van doodsangs, moed en uithouvermoë:

Josh Peltz (39); US Airways-vlug 1549; noodlanding: Die Hudson-rivier, New York; datum: 15 Januarie 2009.

Ek het in 10F gesit, die venstersitplek by die nooduitgang. Ek vlieg elke tweede week vir sake en probeer altyd ’n sitplek met ekstra beenruimte kry. Met die opstyg het ek ingesluimer. Minute later was daar ’n ontplof-fing soos ’n motor se enjin wat terugplof. Die vliegtuig het geskud en die reuk van brandende masjinerie het in die lug gehang. Almal het na hul asem gesnak, ’n paar gille het opgeklink.

Toe ek by die venster uitkyk, sien ek ons swaai heen en weer, maar ver-loor nie hoogte nie. Ek het gedink: “Oukei, ’n enjin het geblaas, maar die vliegtuig het darem nog een. Ons sal terugdraai na La Guardia en die vlieënier het alles onder beheer.’’ Min het ek geweet albei enjins het ingegee.

Dit was vreemd stil, terwyl almal die situasie probeer opsom. Maar dit het gou duidelik geword dat ons besig was om op die water af te pyl. Ek het begin dink dit kan die einde wees. Ek het aan my gesin gedink en probeer vrede maak.

Toe hoor ek die aankondiging: ‘‘Dis die kaptein, berei julle voor op die slag.’’ Skielik was alles glashelder. Ek moes ophou dink aan die dood en begin dink wat ek gaan doen wanneer ons in die water land.‘‘Jy sit in dié sitplek,’’ het ek gedink.‘‘Jy moet dié deur oopkry.’’

Op sowat 90 meter het ek die instruksies begin lees. Daar was ses stappe en ek het hulle twee of drie keer gelees en elke stap op myself uitgetoets. Ek het my sitplekgordel stywer vasgetrek en myself teen my oorjas opge-krul. Toe tref ons die water. Dit het soos die ergste motorongeluk gevoel wat jy jou kan indink. Ons het gehop en tot stilstand gegly. Baie mense se neuse of oë het gebloei omdat hulle hul koppe teen die sitplekke voor hulle gestamp het.

Lees ook die ander oorlewendes se verhale in Huisgenoot van 11 Junie.