
Voorblad
Dis ’n droom wat ons al jare het – om meer ruimte aan boeke en boekdinge te kan afstaan. (Terloops, dis ons grootste frustrasie by Huisgenoot: plek. Ons wil partykeer huil omdat ons goeie foto’s nie altyd groot kan gebruik of nog ’n ekstra storie of twee kan inpas nie!)
En hierdie week skop ons af met ’n wonderlike nuwe seksie: Huisgenoot-Boeke. Dis in die middel van die tydskrif sodat jy dit kan uithaal, apart kan lees of sommer bêre. Baie ander publikasies skryf ook oor boeke. Wat maak ons anders? Wel, dis in dieselfde gemaklike Afrikaans as die res van Huisgenoot, ons skryf oor boeke wat ons glo gewone mense soos onsself sal wil lees, en ons gee ook aandag aan ons jong lesers. En dan, die groot verskil: Elke maand staan ons ’n bladsy elk af aan die voorgeskrewe boeke vir gr. 10, 11 en 12. Dis gemik op leerders, maar ook op onderwysers. Dis vir mense wat nie toegang het tot studiebronne nie, maar ook vir almal wat meer oor die skrywer agter die boek of gedig wil weet.
Ons wil ons boekebylae so interaktief as moontlik maak. Lees self hoe leerders deel van ons paneel kan word, en skryf vir ons watter boeke jy onlangs geniet het – ons publiseer graag jul aanbevelings. En so, hoop ons, word Huisgenoot een groot landwye boekklub!
Baie dankie aan Elna van der Merwe, ons boekeredakteur, en ons grafiese kunstenaar Lynn Greeff vir hul harde werk. Laat weet wat jy van Huisgenoot-Boeke dink!
En daar is nog baie meer te lees in Huisgenoot van 11 Junie.
Kanaal 1: artikels
1.1 Voorblad
1.2 Jy kán die resessie oorleef
1.3 Ontvoerde vrou se hel van 35 uur
1.4 Proefskeiding is goeie opsie
1.5 ‘Ons het lugrampe oorleef’
1.6 Grappies laat ANC rooi sien
Kanaal 2: glansmense
2.1 Diaan gee Jody die jawoord
2.2 Pappa Victor tuis by sy meisies
2.3 Die Laan se Vince trou
2.4 Susan Boyle: Geknak deur ’n droom
2.5 Fafa en sy vuurwarm Kiki
Kanaal 3: leefstyl
3.1 Resep van die week: Sampioen-gnocchi met boerewors-frikkadelle
3.2 Verkoop self jou huis
3.3 Dr. Adri gee raad
3.4 Boeke
3.5 Huisgenotjies
Kanaal 4: Dis in!
4.1 Kollig op Wicus van der Merwe
4.2 Luister na Dewald
4.3 Kyk ’n DVD: ROCKnROLLA
4.4 Kyk ’n fliek: State of Play
4.5 Speletjie: Family Ski