Friday, 12 June 2009

Huisgenoot dié week (uitgawe van 18 Junie)


VOORBLAD

Een van die legendariese stories in die media is van die koerantman wat sy kollegas by ’n susterskoerant laat weet het die een of ander bekende is oorlede. Die koerant publiseer toe ’n groot berig in die volgende oggend se uitgawe, en toe hulle uitvind dit was ’n (siek) grap, skarrel almal rond om die berig uit hul latere uitgawe vir die dag te haal. En net nadat die tweede uitgawe op straat verskyn het, kom die nuus – die ou is sowaar daardie oggend dood.

Daar word baie gepraat oor mediamense se sesde sintuig. Ek onthou nog goed hoe ons met die eerste Idols-reeks week ná week stories gehad het oor die finalis wat die vorige week – maar ná ons spertyd – uitgestem is. ’n Hele paar lesers het laat weet hulle vermoed ons het binne-inligting. Nee, dit was blote toeval!

Hierdie week sê kollega André Brink, wat ons faksie hanteer – dis nou die lang artikel, dikwels ’n boekuittreksel, gewoonlik net voor die TV-blaaie – hy kan nou nie meer die toeval glo nie.

Verlede week plaas ons ’n lang storie oor lugrampe; net nadat daardie seksie van die tydskrif gedruk is, val die Air France-vliegtuig. Vandeesweek skryf ons op ons nuusblaaie oor die Matie-moord wat landwyd opslae maak (bl. 10) – die faksie in dieselfde uitgawe (bl. 66) gaan oor ’n bekruiper. Ons skryf ook oor die nar wat Roger Fededer tydens die Franse Ope-eindstryd bestorm het (bl. 144) – volgende week se faksie, wat reeds by die rolpers is, gaan oor die aanval wat Monica Seles se tennisloopbaan verwoes het. André beplan sy faksie weke vooruit, wat die toeval net meer ongelooflik maak.

Maar nou ja, geluk of nie, moenie sê Huisgenoot bly nie naby die nuus nie!

KANAAL 1: ARTIKELS
1.1 Voorblad
1.2 Matie-moord: Verdagte ’n bleeksiel
1.3 Vrou praat oor haar lugramp-man
1.4 Vreeslose ma veg teen dwelms
1.5 Dodelike soektog na rykdom
1.6 Saam met hul kind tot in die dood

KANAAL 2: GLANSMENSE
2.1 Bok sê hy wil nie mense opsweep
2.2 Ons kuier by Patricia en die Hoff
2.3 Sportpes spog met sy ‘prestasies’
2.4 Rock-ster wil agtjarige Leané red
2.5 Die man wat Bafana se koppe dokter

KANAAL 3: LEEFSTYL
3.1 Resep van die week: Franse roosterbrood met appelkaneel
3.2 Jy het dalk al dekking
3.3 Dr. Adri gee raad
3.4 Boeke
3.5 Huisgenotjies

KANAAL 4: DIS IN!
4.1 Kollig op Anton Myburgh
4.2 Luister na Jolet Odendaal en Mauritz Lotz
4.3 Kyk ’n DVD: He’s Just Not That into You
4.4 Kyk ’n fliek: Obsessed
4.5 Speletjie: Lips