Friday, 20 February 2009

Wie soek Joost se bloed?


Hulle is al Suid-Afrika se eie Posh en Becks genoem – ons land se mooiste paartjie, so ooglopend verlief en gelukkig saam, so geseënd met hul twee pragtige kinders, hul luukse huis, hul glanslewe waaroor derduisende Suid-Afrikaners gereeld met ’n tikkie jaloesie in die media gelees het. Tot dae gelede . . .

Toe bars die bom vir Amor Vittone en Joost van der Westhuizen. Want nou het die media in skok-opskrifte en met eksplisiete foto’s daarby vertel van ’n video-opname, ’n stomende seksvideo van ’n man wat soos die gewese Bok-kaptein lyk. En die meisie in die twee pienk deurtrekkers is nie sy sanger-vrou nie . . .


Nie net is beweer hy het intieme seksdade gepleeg met ’n vrou wat dalk ’n prostituut kan wees nie, maar foto’s uit die video is wyd en syd gepubliseer – onder meer waar die man wat Joost sou wees, vermoedelik ’n wit poeier soos kokaïen saam met die vrou in die deurtrekkers snuif.

Eendag sal Joost en Amor, soos koningin Elizabeth 2 van Engeland tevore, sekerlik nog van 2009 as hul annus horribilis praat. Hul aakligste jaar.

Intussen, terwyl die land aan die brand is oor dié skoknuus, worstel Suid-Afrika se mees geliefde glanspaar met ’n krisis wat selfs hul ergste vyande hulle nie sou toewens nie. Of is dit juis so ’n vyand wat agter die hele rampspoedige gebeurtenis sit?

Maar terwyl Joost volhardend beweer dit is nié hy op die video nie, lei alle gesprekke telkens maar weer na dié een vraag terug: Is dit tog hy, of is dit werklik nie? Huisgenoot het na van die brandendste kwessies gaan kyk.

Lees meer oor die dramatiese gebeure in Huisgenoot van 26 Februarie.