Friday, 26 September 2008

HUISGENOOT DIÉ WEEK (UITGAWE VAN 2 OKTOBER)


Ons was totaal geïnspireer deur die Paralimpiese Spele – nie net oor die 21 goue medaljes wat ons eie span gewen het nie, maar ook oor die verstommende gees en die lewensblyheid waarmee hulle en ander gestremde atlete van oor die wêreld deelgeneem het. Die glimlagge aan die einde van nog ’n wedloop wat voltooi is, of dit nou gewen is of nie, het ’n mens laat besef met watter passie hierdie mense die lewe aangryp en uitdagings te bowe kom.

Dit was ons Paralimpiese Spele-veteraan die diskusgooier Fanie Lombard wat gesê het die ‘‘groot storie’’ van die Paralimpiese Spele was Hilton Langenhoven, die gesiggestremde atleet van Pniël in die Wes-Kaap wat met drie goue medaljes huis toe gekom het. En wat ’n inspirerende storie is dit nie!

Lees op jou Mobi hoe Hilton vertel hoe hy as kind in die Athlone- skool vir Blindes so arm was dat hy nie naweke kon huis toe gaan nie. Maar hy’t geweier dat sy omstandighede hom onderkry en in sport die katalisator gevind wat hom van eenkantkind tot gelukkige volwassene en uitblinker-atleet omskep het. Hoede af, mense. Mag Hilton in sy eie land die erkenning kry wat hy verdien.

Met die politiek wat byna daagliks ál vreemder draaie gooi, was dit moeilik om te besluit hoe ons as weekblad kan byhou. En baie van julle is seker al lekker moeg vir die ANC se manewales! Maar lees tog ons onderhoud met daardie Jeugliga-spoegprater Julius Malema in die gedrukte uitgawe van Huisgenoot van 2 Oktober – ’n mens weet nie of jy moet lag of huil nie!

Nuut op jou Mobi dié week is:

KANAAL 1: ARTIKELS
1.2 My pa, my held – Herschelle Gibbs se seun
1.3 Grootste, vetste mamma
1.4 Vat SA terug van die skurke, sê Leanne Manas
1.5 Seuntjie, mamma se klein pop

KANAAL 2: GLANSMENSE
2.1 2 van 7de Laan
2.2 Anna Davel
2.3 Izak Davel
2.4 Juanita du Plessis
2.5 Hilton Langenhoven

KANAAL 3: LEEFSTYL
3.1 Resep: Sjokolade-torte
3.2 Die A tot Z van mikroleners
3.3 Dr. Adri moet help
3.4 Nuwe boeke
3.5 Huisgenotjies

KANAAL 4: DIS IN!
4.1 Kollig op Jennifer Zamudio
4.2 Herman se CD – Honderd keer
4.3 Abel Kraamsaal vasgevang op CD
4.4 Hansie op die groot skerm
4.5 Speletjie: ATV Offroad Fury Pro

Klik hier om muurpapier en speletjies vir jou foon van Huisgenoot se webtuiste af te laai.

Gesels met ons: Klik hier en kies die Full- of Google-weergawe. Vul jou telefoonnommer in, skryf jou boodskap en stuur en klik op Submit.

Klik hier om op die gedrukte weergawe van Huisgenoot in te teken. Ons sal jou terugbel. Kies die Full- of Google-weergawe. Vul jou telefoonnommer in, skryf jou boodskap en stuur en klik op Submit.