
Toe Mariëtte Chippindall drie jaar gelede vir die eerste keer in Huisgenoot vertel het hoe ’n onderaktiewe skildklier haar van haar lewensvreugde en gesondheid beroof het (Skildklier steel my sprankel, Huisgenoot, 10 Februarie 2005), het sy lesers landwyd laat regop sit.
Dié voormalige Mev. Suid-Afrika en Mev. Statebond is oorval deur meer as 8 000 oproepe van mense met kwellings oor hul eie skildklierprobleme.
Vandag reis sy landwyd om seminare oor die onderwerp aan te bied. Sy het dit haar lewenstaak gemaak om ander in te lig oor ’n toestand wat gereeld verkeerd of glad nie gediagnoseer word nie.
Nou het Mariëtte met die samewerking van plaaslike endokrinoloë ’n boek uitgegee wat mense sal help om teen dié stille epidemie te stry en Esmaré Weideman, redakteur van Huisgenoot en You, het ’n voorwoord geskryf. Hier volg ’n uittreksel uit die boek:
‘‘Om te weet waar my skildklier-reis begin, moet jy saam met my kyk na ’n foto waar ek saam met Giles en Tamlyn op ’n bankie by Kersvader sit. Dis in 1991 geneem toe ons met vakansie in Lapland was.
Die Mariëtte wat jy op hierdie foto sien, is glad nie die Mariëtte wat ek nou is nie, dankie tog, want ek lyk nou baie beter.
En dis ook nie die Mariëtte wat ek was ’n ruk voordat die foto geneem is nie, want toe het ek ook veel beter gelyk. Op hierdie foto sit ek my stoel vol en my gesig is so rond soos ’n volmaan. Ek is ’n yslike, onooglike tien kilogram oorgewig, en voel absoluut aaklig.
My hare is vaal – so vaal soos my gemoed. Ek voel ongelukkig, moeilik en op die rand van depressie.
Toe hierdie foto geneem is, was dit ’n geval van: ek weet dit nog nie, maar my skildklier is erg onderaktief.
’n Onderaktiewe skildklier veroorsaak dat daar te min skildklierhormone in jou bloed afgeskei word, en dat alles in jou liggaam gevolglik stadiger funksioneer.
Lees meer oor hoe Mariëtte haar probleem oorwin het in Huisgenoot van 18 September.
Klik hier om muurpapier en speletjies vir jou foon van Huisgenoot se webtuiste af te laai.
Gesels met ons: Klik hier en kies die Full- of Google-weergawe. Vul jou telefoonnommer in, skryf jou boodskap en stuur en klik op Submit.
Klik hier om op die gedrukte weergawe van Huisgenoot in te teken. Ons sal jou terugbel. Kies die Full- of Google-weergawe. Vul jou telefoonnommer in, skryf jou boodskap en stuur en klik op Submit.