Friday, 26 September 2008

VAT SA TERUG VAN DIE SKURKE!


Wanneer miljoene Suid-Afrikaners met ’n eerste koppie koffie in die hand nog die vaak uit hul oë vee, is sy lankal uit die vere. En voor sy wegval met die eerste nuus van die dag op die SABC2-ontbytprogram Morning Live, groet sy Suid-Afrikaners eers met ’n breë glimlag.

Maar toe Leanne Manas (33) nou amper ’n jaar gelede weer een oggend voor die kameras regskuif om die oggendnuus te lees, het dit byna te veel vir haar geword.

Dié keer het die donkerkop in ’n Springboktrui met die land gesels. Dit was ’n Vrydag, onthou sy goed. ’n Dag voor die Springbokke die Wêreldbeker in Frankryk voor die Engelse se neuse weggeraap het. Landwyd het Suid-Afrikaners op ’n golf van hoop gery, maar Leanne kon skaars glimlag.

Nadat vier gewapende rowers haar ’n paar dae tevore in die inrit van haar Johannesburgse huis oorval en aangerand het, was sy van nuuts af getraumatiseer toe sy op haar eerste dag terug in die tuig na die nuusberigte kyk.
‘‘Tien minute voor ons regstreeks oorgeskakel het, het ek die nuusteks deurgelees. Die hoofnuus was dat die musiek-ikoon Lucky Dube in ’n motorkaping vermoor is.

‘‘Ek het erg gemengde gevoelens gehad. Ek was so trots daarop om ’n Suid-Afrikaner te wees en was seker ons sou die Wêreldbeker huis toe bring. Maar aan die ander kant was ek platgeslaan omdat ’n wêreldbekende musiek-ikoon pas sinneloos vermoor is.’’

Destyds wou sy nie oor haar ondervinding praat nie, hoewel dit uiters traumaties was. Vier gewapende rowers het haar vasgebind, en toe haar man, Marc Menelaou, haar bel, haar met ’n vuurwapen teen die kop gedwing om normaal te praat om nie agterdog te wek nie. Hulle het toe die huis gestroop.

Maar nou kan sy nie langer stilbly nie. Nadat haar beste vriendin ’n paar weke gelede in ’n gewapende rooftog in ’n Johannesburgse restaurant in die regtersy geskiet is en Leanne die bloeiende skietwond moes toedruk, is sy eers woedend.

Lees meer oor Leanne se planne teen misdaad in Huisgenoot van 2 Oktober.

Klik hier om muurpapier en speletjies vir jou foon van Huisgenoot se webtuiste af te laai.

Gesels met ons: Klik hier en kies die Full- of Google-weergawe. Vul jou telefoonnommer in, skryf jou boodskap en stuur en klik op Submit.

Klik hier om op die gedrukte weergawe van Huisgenoot in te teken. Ons sal jou terugbel. Kies die Full- of Google-weergawe. Vul jou telefoonnommer in, skryf jou boodskap en stuur en klik op Submit.