Tuesday, 23 September 2008

HUISGENOOT DIÉ WEEK (UITGAWE VAN 18 SEPTEMBER)


Mark Fish is in die nuus – nie net oor sy skeisaak nie, maar ook omdat ons hom met sy nuwe liefde by Sun City betrap het. En hulle was glad nie skaam vir die kameras nie!

Lees ook meer oor die rolprent oor Hansie Cronjé se lewe wat deur sy broer, Frans, vervaardig is.

Daar is ook ’n uittreksel uit ’n nuwe boek deur Mariëtte Chippindall wat mense met skildklierprobleme hoop sal gee.

Ons gesels ook met Erik Holm, die jong akteur wat ’n kwadrupleeg is ná ’n ongeluk. Hy is egter vasbeslote dat hy weer eendag gaan loop – en hy tree ook binnekort weer met sy kitaar voor ’n gehoor op.

Ons het bladsye propvol foto’s van die You Spectacular en die pryse wat daar toegeken is en nog baie opwindende leesstof.


Nuut op jou Mobi dié week is:


KANAAL 1: ARTIKELS
1.2 Mark Fish betrap
1.3 Hansie, die rolprent
1.4 Skildklierlyer skryf ’n boek
1.5 Erik Holm op pad na herstel

KANAAL 2: GLANSMENSE
2.1 YOU Spectacular
2.2 Kyk die nuwe ou Britney!
2.3 Michael Phelps, die vroue-magneet
2.4 Is Eva Longoria swanger?
2.5 Pamela Anderson en Michael Jackson koer vir mekaar



KANAAL 3: LEEFSTYL
3.1 Resep: Oondgebakte fritatta
3.2 Kies jou finansiële raadgewer versigtig
3.3 Dr. Adri moet help
3.4 Nuwe boeke
3.5 Huisgenotjies

KANAAL 4: DIS IN!
4.1 Fokus op Jaco
4.2 Bok van Blerk is bedrywig
4.3 Polisiekarre se nuwe album
4.4 Kyk Hellboy 2: The Golden Army
4.5 Speel supermotorfiets

Klik hier om muurpapier en speletjies vir jou foon van Huisgenoot se webtuiste af te laai.

Gesels met ons: Klik hier en kies die Full- of Google-weergawe. Vul jou telefoonnommer in, skryf jou boodskap en stuur en klik op Submit.

Klik hier om op die gedrukte weergawe van Huisgenoot in te teken. Ons sal jou terugbel. Kies die Full- of Google-weergawe. Vul jou telefoonnommer in, skryf jou boodskap en stuur en klik op Submit.