
Hulle voel die gemis aan hul geliefde krieketseun veral op sy verjaardag, en op Oukersaand wanneer die Cronjé-gesin aansit vir hul tradisionele Kersete. Daar kom, in hul eie woorde, eindelik ’n ‘‘magtelose berusting’’, maar die hartseer en verlies sal nooit werklik weggaan nie.
Tog glo Ewie en San-Marie Cronjé en ook Hansie Cronjé se suster, Hester Parsons, die finale hoofstuk oor hul seun en broer word nou geskryf wanneer die fliek met sy naam op 24 September – ’n dag voor wat sy 39ste verjaardag sou gewees het – landwyd begin draai.
Dit is ’n emosionele saak, en daarom het die Cronjés eers op DVD na die fliek gekyk sodat dit makliker sal wees wanneer hulle eersdaags die Bloemfonteinse première bywoon.
‘‘Ons is emosioneel oor die uitreiking van die fliek, maar ook opgewonde,’’ sê die ouerpaar. Dit was ’n hartverskeurende herinneringsreis toe hulle een aand laat verlede maand in hul huis in Bloemfontein saam met hegte vriende na die DVD gekyk het.
Dit was veral vir Ewie moeilik om te sien hoe sy trotse seun in die fliek ál dieper die afgrond ingelei word deur Indiese wedders, dermate dat hy eindelik duisende rande aanvaar het en later huilend voor die King-kommissie van ondersoek na wedstrydknoeiery – en die hele land – moes bieg.
Maar so tussen die Cronjés se trane deur was daar ook baie oomblikke van trots op ’n seun wat daarna tog daarin geslaag het om uit die kloue van depressie en uitsigloosheid te ontsnap en die stukke van sy lewe op te tel.
Frans Cronjé, Hansie se ouboet en die vervaardiger en draaiboekskrywer van die fliek, vertel min mense weet van die depressie waaraan Hansie gely het en die gordelroos waarmee hy maande ná die King-kommissie se ondersoek nog gesukkel het.
Lees meer hieroor in Huisgenoot van 18 September.
Klik hier om muurpapier en speletjies vir jou foon van Huisgenoot se webtuiste af te laai.
Gesels met ons: Klik hier en kies die Full- of Google-weergawe. Vul jou telefoonnommer in, skryf jou boodskap en stuur en klik op Submit.
Klik hier om op die gedrukte weergawe van Huisgenoot in te teken. Ons sal jou terugbel. Kies die Full- of Google-weergawe. Vul jou telefoonnommer in, skryf jou boodskap en stuur en klik op Submit.