
Voorblad
Wat ’n voorreg is dit nie vir ons by Huisgenoot om met julle te deel wat ongetwyfeld die troue van die jaar was! Ons praat van Bryan Habana en Janine Viljoen se skouspelagtige bruilof verlede Sondag op ’n uitgestrekte landgoed in Centurion. Die afgelope paar maande het ons ’n paar besonderhede oor die groot dag gehoor, maar niks kon ons op die prag, styl, swier en aandag aan detail voorberei nie. Talle rugbyspelers saam met hul glansryke vroue en meisies en baie ander bekendes was daar om die glanspaartjie se troudag saam met hulle te vier. Maar selfs in die teenwoordigheid van 270 gaste was die intieme spiritualiteit van die plegtigheid roerend, net soos die ware vriendskappe tussen hierdie families en hul vriende, en die liefde tussen Bryan en Janine, twee van die gaafste mense denkbaar.
Dankie, Bryan en Janine, dat julle jul spesiale dag met Huisgenoot gedeel het.
• Die YOU Spectacular word op Saterdag 3 Oktober om 20:00 op M-Net uitgesaai. Jy moet dit beslis nie misloop nie!
KANAAL 1: ARTIKELS
1.1 Voorblad
1.2 Eksklusief: Boer Johann en sy Stella
1.3 Omstrede plan: Sekslesse vir vyfjariges
1.4 Alyce van die Laan se ma
1.5 2010: Die beste van Bloem
KANAAL 2: GLANSMENSE
2.1 Eksklusief: Bryan vat vrou!
2.2 Hooit! se Wicus nie nes Tolla
2.3 Tieners: Ons gesels met aKING
2.4 Aidan, ons sexy nuwe nutsman
2.5 Naas en sy dogter speel gholf
KANAAL 3: LEEFSTYL
3.1 Maak pizzas soos ʼn meester
3.2 Dekking vir jou motor
3.3 Dr. Adri gee raad
3.4 Boeke
3.5 Huisgenotjies
KANAAL 4: DIS IN!
4.1 Kollig op Carike Keuzenkamp . . . en Ghoempie
4.2 Luister na Raymond Ray
4.3 Kyk ʼn DVD: I Love You, Man
4.4 Kyk ʼn fliek: Last Chance Harvey
4.5 Speletjie: Animal Crossing: Let’s Go to the City