Friday, 27 March 2009

Vroue wat Bekendes Jag


’n Jong vrou beweer Theuns Jordaan is die pa van haar kind nadat hulle ’n nag saam deurgebring het by die KKNK. Hulle het mekaar ontmoet by een van die gewilde kuierplekke waar bekendes gereeld uithang en die een ding het tot die ander gelei. Maar moenie te vinnig te veel klippe na Theuns se kant toe gooi nie – kyk ook na die vroue wat dit vir bekende mans so
maklik maak, skryf ’n bekende in musiekkringe wat
verkies om naamloos te bly:

"In die liedjie Binneland In sing Gian Groen: ‘‘By ’n kunstefees met ’n lekker gees het ek jou ontmoet, my bokkie. Ná ’n nag of wat het ek jou saamgevat in my ligblou GP-trokkie.’’

Daar ís gewoonlik ’n lekker gees by kunstefeeste. Mense van al die uithoeke van die land drom saam op die dorp en dit gaan jollie.

Op kunstefeeste het ek al gesien hoe ver vroue sal gaan om die aandag van bekendes te kry. En die kunste is dikwels baie ver van vele vroue (en mans) se gedagtes.

By amper elke fees is daar in die feeskoerant ’n artikel oor hoeveel kondome die plaaslike apteek verkoop. En dis nie net die bekendes wat laat waai nie – dis asof ‘‘gewone’’ mense feeste beskou as ’n plek waar jy kan woel tussen die lakens of die tentpenne. Soos iemand gesê het: ‘‘Kunstefeeste is soos jool, die mense is net dronker.’’

Daar is op die meeste sulke feeste ’n paar uithangplekke waar jy amper seker gaan wees jy sal ’n bekende sien. By die KKNK op Oudtshoorn was dit lank Godfather, ’n kuierplek waar jy nie jou feesgids kon swaai sonder om ’n bekende raak te klap nie. Later was daar ook Club Al Capone, wat glo hierdie jaar weer uit die as gaan opstaan. En die afgelope paar jaar was dit Die Kliphuis, ’n ou, wel, kliphuis op die dorp waar jy R40 betaal, bekend of nie, om in te kom en ’n uur toustaan om iets te drinke te kry.

Lees in die Huisgenoot van 2 April oor die Delilas en hul truuks.