Friday, 06 March 2009

HUISGENOOT DIÉ WEEK (UITGAWE VAN 12 Maart)


En daar nooi Mike Bolhuis, die privaat speurder wat eens ’n uitsmyter was, Huisgenoot toe om ‘‘eksklusief’’ sy bevindinge oor die mense agter die Joost van der Westhuizen-seksvideo deur Huisgenoot bekend te maak. Dit nou nadat hy vantevore belowe het die uitslag van sy ondersoek sou teen verlede Vrydag aan die media bekendgemaak word.

Ons gaan luister maar, besluit ons. Want ons het ’n hele paar vrae waarop ons antwoorde soek – soos hoekom een van die vroue wat ons gebel het en in besonderhede vertel het van haar verhouding met die getroude Bok-held, nou ewe skielik nie verder met ons wil praat nie. Blykbaar te bang.

In Bolhuis se kantoor vra Huisgenoot se Michelle Pieters, ’n voormalige koerant-misdaadverslaggewer wat nie twak vir soetkoek opeet nie, al die regte vrae. Op sommige kry sy antwoorde, op ander nie. Sy hoor ook ’n paar nuwe dinge – soos dat Joost beslis strafregtelike klagte teen die makers van die video gaan indien, dat hy al drie jaar gelede die eerste keer met die video afgedreig is vir ’n losprys van R500 000, en dat die meisies wat nou so bel om te sê hulle het by hom geslaap, almal deel is van ’n ‘‘tweede komplot’’.

Baie moeilik om te oordeel wie praat die waarheid. Maar soos hulle sê, die waarheid is soms vreemder as fiksie. Soos met ons vorige twee uitgawes, rapporteer ons elke nuwe hoofstuk in die ontvouende sage so objektief en feitelik as moontlik. Lees Michelle se storie op bl. 8 en besluit self wie jy glo. En soos altyd, laat weet ons wat jy dink!


KANAAL 1: ARTIKELS
1.1 Voorblad
1.2 Joost-video: Privaat speurder praat
1.3 Man word vrou, verloor werk
1.4 Pakistan, broeiplek van terreur
1.5 Liedjiewedstryd: So kan jy wen
1.6 Hier kom ’n skouspel van sokker!

KANAAL 2: GLANSMENSE
2.1 Paul Rothmann wys sy boheemse huis
2.2 Model tem Lions-flank Ernst
2.3 Matt Damon skiet fliek in SA
2.4 Gifsjokolademan lê nie snags wakker
2.5 Terence Bridgett se eenmensstuk

KANAAL 3: LEEFSTYL
3.1 Resep van die week: Calamari in lemoen en groen avokadoslaai
3.2 So gaan ons wins-wet verander
3.3 Dr. Adri gee raad
3.4 Boeke
3.5 Huisgenotjies

KANAAL 4: DIS IN!
4.1 Kollig op Die Heuwels Fantasties
4.2 Luister na Carlo de Goede
4.3 Kyk ’n DVD: Lakeview Terrace
4.4 Kyk ’n fliek: Paul Blart: Mall Cop
4.5 Speletjie: Fable II