
Twee Huisgenote gelede, in hul eerste gesamentlike onderhoud sedert die seksvideo-bom gebars het, stel Joost van der Westhuizen dit onomwonde: “Ek het nog nooit my vrou verneuk nie.” ’n Week later konfronteer ons hom met beweringe van twee vroue wat sê hulle het by hom geslaap. Hy ontken dit. Maar in hierdie uitgawe vertel ’n bekende sportvrou, wat om verstaanbare redes anoniem wil bly, in besonderhede van haar verhouding met die Bok-held – tydens sy eerste en tweede huwelik.
Ai, en so baie mense het bly hoop die beweringe van ontrouheid is nie waar nie. Ons kry Amor, sy vrou, baie jammer. Maar as bekendes openlik leuens vertel, sal die media daaroor skryf. Al word die boodskapper agterna so dikwels gekruisig. Lees meer hieroor in Huisgenoot van 19 Maart.
Baie mense vra hoe dit gaan met die hofsaak teen Steve Hofmeyr. Wel, die dagvaarding is hierdie Maandag op hom bedien. Sommige mense sal vra: Hoekom nou ná ons “versoenende” storie oor sy mees onlangse siekte ’n paar weke gelede? Natuurlik is ons jammer vir hom omdat hy siek was, maar die regsproses het reeds vroeër begin en neem sy beloop. Die eerste aanmaning is reeds op 30 Januarie aan sy prokureur gestuur. Steve is tot 6 Februarie gegun om te reageer alvorens ’n dagvaarding uitgereik sou word. Dié stap is uitgestel omdat hy toe in die hospitaal opgeneem is. Nou is dit wel uitgereik. Ons hou julle op die hoogte.
KANAAL 1: ARTIKELS
1.1 Voorblad
1.2 Eksklusief: Ek was Joost se minnares
1.3 Werkloos, nou speel hy Chester
1.4 Koes, Matey, hier’s Mitchell Johnson
1.5 Skakel jou ligte af vir die aarde
1.6 Rihanna: Skokfeite in polisieverslag
KANAAL 2: GLANSMENSE
2.1 Idols se Jason
2.2 Idol Jody wys haar droomhuis
2.3 Miley Cirus praat oor haarself
2.4 Ons kuier by die Nagtegaals
2.5 Dieter, Pasella se spiertier
KANAAL 3: LEEFSTYL
3.1 Resep van die week: Gerookte hoendervlerkies met appelmoessous
3.2 Koop so aandele
3.3 Dr. Adri gee raad
3.4 Boeke
3.5 Huisgenotjies
KANAAL 4: DIS IN!
4.1 Kollig op Natasha Joubert
4.2 Luister na Jak de Priester
4.3 Kyk ’n DVD: High School Musical 3: Senior Year
4.4 Kyk ’n fliek: Marley & Me
4.5 Speletjie: Littlest Pet Shop