Friday, 16 January 2009

Wen ’n Toyota!


Dis jou laaste kans om aan ons ongelooflike kompetisie deel te neem waarin drie Avanza 1.3 S-motors van R116 400 elk op die spel is, danksy Huisgenoot, YOU, Drum en Toyota. Moenie bang wees vir laat waai met die Avanza 1.3 S se anti-sluitremstelsel (ABS) aan jou kant nie – dis nou tyd vir voet in die hoek sit met jou ses antwoorde, plakstukke en SMS’e. Skryf vandag nog in!

Die ruitekaart wat in die uitgawe van 4 Desember verskyn het, is jou paspoort tot sukses. Jy moet dit kan wys as jy een van ons gelukkige wenners is. Vandeesweek se plakstuk en ook die plakstukke wat in die uitgawes van 11, 18 en 25 Desember en 8 en 15 Januarie verskyn het, moet daarop geplak word. Jy moet ook al ses kompetisievrae reg beantwoord om te kan wen. Jy kan per SMS deelneem of per pos of op albei maniere.

As jy per SMS deelneem, moes jy elke week die sleutelwoorde GRATIS TOYOTA, gevolg deur jou antwoord op daardie week se vraag en jou naam, na 35791 gestuur het. As jy vir die eerste keer deelneem, of ’n week gemis het, kan jy die sleutelwoorde GRATIS TOYOTA, gevolg deur al ses jou antwoorde en jou naam, na 35791 stuur. Elke SMS kos R3.

Jy kan soveel keer deelneem as wat jy wil. As een van die gelukkige wenners per SMS ingeskryf het, moet die oorspronklike, voltooide ruitekaart met al die plakstukke getoon word. Huisgenoot sal aan die einde van die kompetisie ook nagaan of jy elke week die korrekte antwoord aan ons SMS-lyn gestuur het.

As jy per pos deelneem, moet jy al ses die antwoorde en jou kontakbesonderhede aan die einde van die kompetisie stuur aan: Huisgenoot/Toyota Avanza, Posbus 8362, Roggebaai 8012. Jy kan soveel keer inskryf as wat jy wil. Posinskrywings moet ons nie later nie as Vrydag 20 Februarie bereik.

Bel 0860-103-686 om eksemplare van Huisgenoot te bestel as jy ’n uitgawe misgeloop het.