Friday, 09 January 2009

HUISGENOOT DIÉ WEEK (UITGAWE VAN 15 Januarie)


Nou ja, vir die meeste van ons is ál wat oorbly van die feestyd se lekkerte ’n ekstra kilo of twee om die middellyf. Hier by ons sien jy net slaaie – en af en toe ’n Pro-Vita – op die meisies se tafels.

Gelukkig is ons nie alleen nie. Die wêreld se gewildste TV-vrou veg weer van voor af verbete teen die kilo’s – en op bl. 16 van die gedrukte weergawe en hier op jou Mobi vertel ons van die dieet waarmee Oprah nou 20 kg wil verloor. Moet sê, dis die logiesste eetplan wat ons in jare gesien het.

So baie mense vra ons redakteur hoe sy die afgelope tyd soveel gewig verloor het, en sy sê dit is eintlik nie ingewikkeld nie. Sy sê sy het geleidelik gesonder keuses begin maak – meer laevet-produkte, olyfolie pleks van margarien, oondgebraai pleks van pangebraai, meer slaaie met groente eerder as kaas en brood. Kleiner porsies; ’n bietjie meer oefening. En ja, ’n maand of twee se bitter harde ekstra werk aan die nuwe Huisgenoot-Tempo het ook iets daarmee te doen gehad!

Ons land is werklik ’n armer plek met die afsterwe van die doyenne van die Suid-Afrikaanse politiek, Helen Suzman. Yvonne Beyers se lekker storie oor hierdie formidabele vrou is ’n moet, so ook die artikel op bl. 112 oor die hernieude aanvalle op Gasa. As jy dalk nog nooit presies geweet het wat die redes vir hierdie historiese konflik is nie, sal jy nou kan saampraat!

Nuut op jou Mobi dié week is:

KANAAL 1: ARTIKELS
1.1 Voorblad
1.2 Smelt weg, kilo’s – vir altyd
1.3 Krieket word pienk vir Jane
1.4 Ystervrou met die sagte hart
1.5 Vasbyt vir sukses
1.6 Pa se klein soetlief

KANAAL 2: GLANSMENSE
2.1 Minki die besige bytjie
2.2 Romanse in die reën – Heinke van der Merwe
2.3 Snerpende seisoengroete – Charlene Truter
2.4 Seenimf – Catriona Andrew
2.5 Vakansieverlowing – Desiree Underwood

KANAAL 3: LEEFSTYL
3.1 Resep van die week: Energiestafies
3.2 Baie skuld? Hier’s raad
3.3 Dr. Adri gee raad
3.4 Boeke
3.5 Huisgenotjies

KANAAL 4: DIS IN!
4.1 Kollig op Hugo
4.2 Luister na Franna – Aspatat
4.3 Kyk ’n DVD: Mamma Mia
4.4 Kyk ’n fliek: The Spirit
4.5 Speletjie: Saints Row 2