Friday, 23 January 2009

HUISGENOOT DIÉ WEEK (UITGAWE VAN 22 Januarie)


Die land het darem lanklaas so gegons oor ’n TV-program soos oor Boer Soek ’n Vrou. Die kykNET-reeks het natuurlik onlangs klaargemaak – die tweede een begin in Julie – maar die boere en hul meisies het sowaar oornag sterstatus in Suid-Afrika behaal.

En terwyl Huisgenoters nog herkou aan die nuus (twee weke gelede eksklusief in Huisgenoot) dat die wildbewaarder Hennie en sy Pretoriase meisie Louanda hul verlowing skielik verbreek het, bel Hennie ons oor ’n nuwe kinkel in sy liefdeslewe. Ja, die blonde Yolindi wat destyds ook op die plaas gaan kuier het, kuier weer daar. En die liefde blom! Lees alles oor dié nuwe intrige op bl. 12. En hier’s ’n lekker pasella: Jy kan ’n naweek vir twee op Hennie se wildplaas wen.

Terloops, vrygesel-boere het nog tot 31 Januarie om vir reeks twee in te skryf. En soos met die eerste een is Huisgenoot weer ’n mediavennoot; wees dus verseker jy sal al die lekkerste skinderstories hier lees!

Kort voor ons saktyd kom die nuus dat Patrick Swayze, die ster van Dirty Danc-ing en Ghost wat steeds danksy DVD’s ’n nuwe generasie vroueharte vinniger laat klop, in die hospitaal opgeneem is. Dae tevore het hy hartroerend op die Barbara Walters-geselsprogram vertel oor sy verbete stryd teen kanker. Ons artikel op bl. 16 is werklik aangrypend.

Nou ja, die skole is weer aan die gang – ons Kapenaars s’n amper. Onthou om genoeg ‘‘my tyd’’ af te knyp hierdie jaar – al is dit dan net genoeg om elke week se Huisgenoot van hoek tot kant te lees.

Nuut op jou Mobi dié week is:

KANAAL 1: ARTIKELS
1.1 Voorblad
1.2 Vir VSA: ’n Era van Hoop
1.3 My droom vir elke kind
1.4 ’n Stil, rustige blits
1.5 Span die net, hier kom pret!
1.6 Hudson se held sonder houding

KANAAL 2: GLANSMENSE
2.1 Gebroke harte word geheel
2.2 Seerkry is vir sissies
2.3 Die Bok en die blink klippie
2.4 Sweepslag se Maurice vind sy pa
2.5 Tienerster Nádine raak mooi groot

KANAAL 3: LEEFSTYL
3.1 Resep van die week: Bone-tamatieslaai en mieliemeel-platbrood
3.2 Kansel toe met ’n kontrak
3.3 Dr. Adri gee raad
3.4 Boeke
3.5 Huisgenotjies

KANAAL 4: DIS IN!
4.1 Kollig op Zane Meas
4.2 Luister na Patricia Lewis
4.3 Kyk ’n DVD: Tropic Thunder
4.4 Kyk ’n fliek: Rock n Rolla
4.5 Speletjie: Too Human